GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit - het Maandag met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, ‘n ter plaatse besoek aan die dreineringsgebied tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal, wat onder die treinbrug in Schröderstraat deur loop en ander kwel punte, afgelê.
Die doel van die besoek om ‘n oorsaak vir en gesamentlike oplossing vir die riool-agtige reuke wat uit hierdie dreineringsgebied kom te vind.
Na afloop van die ter plaatse vergadering het alle rolspelers ooreengestem dat ‘n onafhanklike party genader sal word om die waterkwaliteit van die hele strook te toets - en dat ‘n oplossing volgens die bevinding gesoek sal word.
Intussen het mnr Jonker homself daartoe verbind dat die riete wat die strook tans vervuil - eersdaags onder beheer gebring sal moet word - aangesien dit ‘n daadwerklike uitwerking op die beoogde toetse gaan hê.
Die stank en dreinering probleem het al vir jare inwoners van die dorp behoorlik warm onder die kraag.
Soms is die reuk, wat uit die dreineringsgebied voortspruit, veral saans ondraaglik.
Mnr Phillip Bornman, ‘n inwoner van die omgewing, korrespondeer al vir amper twee jaar met die onderskeie rolspelers oor die situasie en het vroeër vanjaar ‘n saak by die MRK aanhangig gemaak.
Organisasies soos Afriforum skakel ook al vir ‘n paar jaar met DKM oor die probleem.
In sy jongste skrywe aan mnr Jonker, vra Werner Strauss, koördineerder vir Afriforum in die Noord-Kaap, dat DKM en die ander rolspelers nou moet hande vat om die probleem aan te spreek.