GEMSBOK-UPINGTON:Nadat ‘n groot staal skuifhek op klein Frikkie Nel geval en hom met ernstige hoofbeserings gelaat het, het “Frikkie se Villiage” ingespring en ‘n noodfonds op die Back-a-Buddy-veldtog-blad vir die gesin begin.
Die Nel gesin se lewens het Saterdag, 14 Junie 2025, skielik tot stilstand geruk, toe Frikkie onder ‘n staalhek beland en sy ouers hom inderhaas na die naaste hopsitaal moes neem.
Na afloop van ’n CT-scan is bevestig dat hy ‘n fraktuur in die skedel agter die linkeroor het en dat gehoorverlies in die oor moontlik is. Die linkeroor-kanaal wastoegeswel (sagte weefsel swelling) maar geen fraktuur naby die linkeroog. Bloederige lugblasies het gevorm a.g.v. die fraktuur agter die oor en indien dit sou skuif, kon dit inflammasie in die brein veroorsaak wat kan lei tot sekondêre breinskade. Frikkie het natuurlik ernstige breinskudding (concussion) opgedoen en die linkerkant van sy gesig en oog was hewig geswel.
Die dokter bevestig dat hierdie tipe val klein Frikkie se dood kon veroorsaak het-maar dit het nie!
Op Sondagoggend, 15 Junie 2025 is klein Frikkie oorgeplaas na Kimberley, sodat sy beserings verder gemonitor kon word. Sunette het saam met klein Frikkie per ambulans na Kimberley vertrek, terwyl Pappa Frikkie en ousus met hul eie motor agterna gejaag het.
Weens die aard van klein Frikkie se beserings moes hy ongelooflik stil gehou word, terwyl die swelling sak en die “gel” vorm rondom die skedelfraktuur.
Die gesin het angstig gewag vir die opvolg CT-scan wat 18 Junie 2025 gedoen sou word.
Intussen moes Ousus Jurina terugkeer Upington toe vir voltooiing van die graad 5 eksamen.
Die ouer-paar se lewe het skielik verander in ‘n hospitaalkamer as tuiste, seuntjie in ongelooflike pyn en dokters wat gereeld sy toestand moet monitor tesame met bekommernis oor die mediese uitgawes wat ophoop.
Onvoorsiene uitgawes wat insluit vervoer en verblyf in Kimberley, bybetalings van die hoësorgeenheid, skanderings, ander behandelings & medikasie asook die verlies aan inkomste van Frikkie en Sunette se eie besigheid, wat stilstaan in Upington, is ‘n harde werklikheid.
Op Woensdag, 18 Junie 2025, die lang wag is verby. ‘n Wonderwerk gebeur en die neuroloog bevestig met die CT-scan dat die fraktuur in die skedel, sal mettertyd herstel.
Die lugblasies agter sy linkeroor met die bloederigheid is geabsorbeer (behalwe ‘n baie klein blasie wat self sal herstel). Bloederigheid rondom die aartjie wat gebloei het, is geabsorbeer en die aartjie se bloedvloei is reg;
Die linkeroor swelling het gesak en sal gehoorverlies moontlik oor tyd verminder/verdwyn soos wat die senuwees herstel, die ernstige breinskudding (concussion) sal mettertyd herstel en die swelling in sy gesig en oog herstel mooi.
Die gesin was ongelooflik verlig oor hierdie nuus en verheug toe die neuroloog bevestig dat klein Frikkie ontslaan kon word. Teen Donderdag verlede week kon die Nel-gesin huistoe kom.
Ousus Jurina was natuurlik baie bly om met die res van haar gesin herenig te word.
Maar ongelukkig begin die groot werk nou.
Klein Frikkie moet vir die volgende 6 weke baie fyn gemonitor word. Die gesin moet verskeie aanpassings maak in hulle daaglikse lewe:
1. Klein Frikkie mag nie ‘n strootjie gebruik nie;m 2. Hy mag nie sy neus blaas nie; 3. Geen sport vir die res van die jaar & daai klein lyfie mag glad nie hardloop nie;
4. Breinbesering veroorsaak gereelde skommelinge & veranderinge in klein Frikkie se emosies wat bestuur moet word; 5. Gehoortoetse/terapie.
Daar sal ook verskeie opvolg dokter-besoeke wees en is medikasie nodig om klein Frikkie die beste kans te gee om ten volle te herstel.
Uit die aard van die saak moet klein Frikkie eers nie skool bywoon nie (genadiglik is dit nou amper skoolvakansie), maar Pappa en Mamma moet werk - so nog ‘n uitdaging lê voor.
Familie en vriende, ‘Klein Frikkie se Village’, wil hierdie gesin die geleentheid gun om net op klein Frikkie te fokus en hom te versorg. Sonder die bekommernis van die finansiële las wat al hoe swaarder raak.
ENIGE bydrae sal ‘n ONGELOOFLIKE verskil maak in hierdie dierbare gesin se lewens. Kom ons gee klein Frikkie die beste kans op volkome herstel - sodat hy weereens ’n sorgvrye, baie woelige, blou oog seuntjie kan wees.
Almal se liefde, ondersteuning & gebede het tot op hede alreeds ‘n groot verskil gemaak.
Dit is waar wat hulle sê: “It takes a village…”
Om ‘n bydare te maak volg die volgende skakel https://www.backabuddy.co.za/campaign/klein-frik-kie-nel-se-village