GEMSBOK-UPINGTON: Ongeveer 100 lede van die militêre basis in Upington, 8 SAI Bataljon (Gemeganiseerd), het begin terugkeer nadat hulle sedert Desember 2023 ontplooi was in die Demokratiese Republiek van die Kongo, as deel van die SADC-ondersteuning.
Die lede was deel van die groep wat by die SADC-missie aange-sluit het en is verwelkom deur die bevelvoerder, luitenant-kolonel T.A. Joseph, saam met die be-velspan van die eenheid. Hy het sy trots uitgespreek oor die moed en toewyding wat die lede tydens hulle diens getoon het.
Verskeie groepe land tans in Bloemfontein waar hulle eers deur die mobiliseringsproses gaan voordat hulle na Upington beweeg, aldus Walter Bergman van 8 SAI Bn Kommunikasiekantoor.