Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Verskeie Gospelkunstenaars van Upington het trofeë gewen tydens die Diamond Gospel Music Awards wat verlede naweek in Kimberley by die Noord-Kaap Teater aangebied is.
Dr. Dorothy Mazingani, ‘n bekende Gospel-kunstenaar, het hierdie eerste Gospel Awards geleentheid gereël.Kunstenaars oor die hele land het aan die kompetisie deelgeneem.
Die volgende Upington-kunstenaars is baie trots op die afdelings wat hul gewen het: 
Daniel Olivier is aangewys as die beste Gospel Promotor.


Bernadine Bruintjies was die beste vroulike kunstenaar.
Lizz Beukes-Klaaste is aangewys as die beste “Praise Song”, kunstenaar, asook die beste liedjieskrywer.
Belinda De Wee het die trofee ontvang vir die beste “Develop” kunstenaar. 
Alex Baai en Sus Sussa is albei aangewys as die wenners van die beste “Praise Song” kunstenaars.
Die organiseerders is baie trots om aan te kondig dat die volgende toekenningseremonie in September 2026 in Upington gehou gaan word.
Vir meer inligting kan dr. Dorothy Mazingani by 074 055 3604 of Daniel Olivier by 074 701 6344 geskakel word.