Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Oor net meer as ‘n maand is dit tyd vir ons jaarlike Landbou Expo.
Vanjaar is die datum vroeër gemaak, om aan te pas by ander skoutye in die land.
Die terrein personeel is hard besig om die terrein voor te berei, sodat alles netjies kan wees vir wanneer die Expo gehou word.
Een van Upington se verf handelaars, Dulux, het ook die tafeltjies en bankies in die “foodcourt” pragtig geverf met helder, vrolike kleure.
Skougangers word aangemoedig om onder die koeltebome te gaan parkeer. Die hoofhek is die hek by die motorhandelaars. 
Die skoukomitee het baie moeite gedoen om ‘n interessante program saam te stel wat in baie skougangers se smaak sal val.

Daar is groot belangstelling vir die vertoonsaal en interessante uitstallers sal te sien wees. Dan is daar nog al die buitestalletjies waar landbouprodukte, nuwe produkte wat die mark betree het, landbou implemente en nog baie meer, uitgestal sal word.
Al die motorhandelaars stal weer uit en die kompetisie vir die beste motoruitstaller word weer aangebied. Die wenner ontvang die BLV Trofee, wat vanjaar die kompetisie borg.
‘n Verskeidenheid diere en diereprodukte sal uitgestal word. Die Jeugskou word oor die drie dae van die Expo, by die krale aangebied. Diegene wat nostalgies is oor die vroeë dae, kan net ‘n bietjie verder stap om die Kalahari Ou Motorklub se uitstalling te besigtig.
Daar is weer, soos gewoonlik, ‘n groot verskeidenheid kosstalletjies, van die Lionsklub, “foodcourt”, regdeur tot by die gewilde All Oceans stalletjie,  die Vryburgers en OWK Wyntuin - ‘n groot verskeidenheid te ete en drinke vir almal. Dan is daar nog lekkernye soos toffieappels en heerlike doughnuts, aartappels aan ‘n stokkie en nog baie meer.
Donderdagaand, 4 April om 19:00 word Upington se Skoukoningin gekroon. Micheal Lindt is die gaskunstenaar.
Donderdagoggend sal die vertoonsaal om 09:00 open, soos ook ander oggende.
Om 10:00 word die bejaardes onthaal. Donderdag, vanf 09:00 - 13:00 is ook die tyd wanneer alle bejaardes en kinders in skoolgroepe, die Expo gratis kan besoek. 
Die gewilde Plaaswerf word weer opgestel en sal soos gewoonlik, baie aandag trek. Behalwe vir die krokodille sal daar ook ‘n kameel, lama’s, donkies, klein perdjies en ander kleiner diere te sien wees.
Besprekings vir groepe kinders, kan by Francois (083 586 4190) gedoen word.
Die wenkarkas van die Slagos en -lamkompetisie word Vrydagoggend bekend gemaak.
Gert Fourie beplan ‘n baie interessante program vir die skou. Vrydag om 10:00 gaan dr. Fafa Malan, ‘n bekende veearts en veekundige, met boere gesels by die veetent. Daarna, om 11:00, word die slagos- en slaglam bekend gestel aan skougangers. 
Vrydag se vermaakprogarm begin om 16:00 met die kroning van Mnr. en Mej. Kalahari, wat gereël word deur die Dawrette Heyns Modelskool.
Vanjaar tree heelwat nuwe sangers op. Om 18:00 sing Scallywag, 19:00 Kakiebos, 20:00 Wilma van Heerden, 21:00 Posduif en die aand word vanaf 22:00 afgesluit met ‘n vertoning deur Eloff.
Vrydag vanaf 17:00 tree Jaques not Jack en Matthew Charls by die Toyota verhoog in die “foodcourt”op.
Saterdagoggend vroeg word daar ‘n Crossfit-kompetisie aangebied.
Vanaf 10:00 word die beeste op die skou beoordeel, so alle boere en belangstellendes kan daar gaan kyk na top diere.
Om 12:00 tree Kakiebos op die Toyota verhoog op.
Die gewilde perdevertoning begin om 14:00. Dit is ‘n moet vertoning met baie adrenalien. Motorfietse en perde kyk wie is die vinnigste.
Vanaf 19:00 tree die volgende sangers op tot laataand - Jan Rhaap, West Band en Piesangskille.
Maak seker jy mis nie vanjaar se Expo nie.