Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

‘n Droom het waar geword toe mevv Maxi Compion en Marina Bothma tesame met mnr Johan van Schalkwyk die Kokerboomroete gestig het in 2008.
Die Noord-Kaap bly een van die beste plek-ke om te besoek.  Die Kokerboomroete is geskep om ‘n geleent-heid te skep vir die toeris om die veelsydigheid van hierdie streek te ervaar.  Hetsy die natuur, kos en wyn asook immergewilde padstalle.  
Die roete strek vanaf Upington – Kanoneiland – Keimoes – Neilersdrift – Kenhardt – Friërsdale – Kakamas – Augrabies – Riemvasmaak.  Dit sluit die Augrabies Valle Nasionale Park in asook die R359 grondpad wat van Louisvale na Kakamas strek.

In samewerking met Kai !Garib Munisipaliteit, Departement Toerisme en ander rolspelers is die roete geregistreer.  
Hier is ryk geskie-denis en kultuur en die kontraste van die natuurskoon en diversiteit van ons mense kan orals op die roete beleef word.  
Van die “groot ge-raas” van Augrabies Waterval, Kronkelende Oranjerivier, Donkie-karre, die stille vlug van die Witkruisarend en Visarend en pragtige kokerboomwoude.  
Hier is 4x4 roetes, “river rafting”, kamp, luukse verblyf, selfsorg en moenie vergeet van die Spa’s en Wynproe. 
Riemvasmaak is wereldwyd bekend vir die warmwaterbronne en kontraste van natuurskoon.  Die roete is wel bekend vir die inwoners se wye kennis van inheemse plantegroei en kos vernuf.  
Die Kokerboomroete het intussen van baadjie verander en staan deesdae bekend as die Quiver Tree Route.  Ons werk nou saam met die Departement van Toerisme en die Kalahari Red Dune Route.  Graag wil ons netwerke tussen die besigheidseienaars en roete bestuurders van die Noord-Kaap bevorder.  Die doel is reeds om die toeris ‘n paar weke in ons mooi streek besig te hou.
Vir meeste dorpe in die Noord-Kaap is dit slegs ‘n oornagplek.  Met die Quiver Tree Route wil ons die toeris genoeg bied om ‘n week en langer te kuier.  Van hier af kan die toeris verder reis na die Kalahari Red Dune Route of Namaqua Coastal Route.  
Die Quiver Tree Route is ook huidiglik onder nuwe bestuur.  Dus stel ons ons self weer bekend aan die plaaslike gemeenskap.  In die Toerisme industrie is ons baie afhanklik van die plaaslike gemeenskap om ons te ondersteun.  Ons wil weer die diversiteit van die Quiver Tree Route bekend stel deur middel van ‘n Makers Mark.  
Tydens hierdie mark fokus ons op die plaaslike talent van ons area.  Die unieke kos en wyn van ons area en ons entrepreneurs.  Ons gee ook ‘n geleentheid vir die JONG ENTREPRENEURS (skoolgaande kinders) om hulle besigheidsvernuf te toets. 
Ons nooi graag enige belangstellendes uit om ons te besoek op 16 Maart 2024 by Ikaia River Lodge Keimoes.  Kontak vir Dorien Botha by 072 731 5180 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae. 
Indien jy as besigheidseienaar ‘n lid wil word van die Quiver Tree Route, kan u ook bogenoemde prosedure volg.
Moenie ons Makers Mark mis vir ‘n heerlike PRETSTAP, PLAASLIKE TALENT, KOEKVERSIER KOMPETISIE en vele meer.
Hou ons dop op Sosiale Media Facebook en Instagram