GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse multidissiplinêre Operasie Vala Umgodi-span, wat die taak het om onwettige mynbedrywighede te bekamp, het aksies vanaf Donderdag, 06 Maart 2025 in onderskeidelik die Frances Baard- en Namakwa-distrikte uitgevoer.
Hierdie optrede het gelei tot die arrestasie van 8 verdagtes, tussen 27 en 42 jaar oud, vir oortreding van die Immigrasiewet, handel in en besit van dwelms, weerstand teen arrestasie, aanranding op ‘n polisiebeampte, regsverydeling en roof met ‘n wapen.
Die spanne van die Kimberley- en Kleinsee Venue Operasionele Sentrums (VOC) het ontwrigtende aktiwiteite uitgevoer, insluitend voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings asook misdaadvoorkomingspatrollies in en om die myngebiede en gemeenskappe.
Skof B van die Kimberley VOC het tydens patrollering inligting ontvang van dwelmhandel by ‘n huis in Galeshewe, Ramatshelastraat. Hulle het die inligting geverifieer en geoperasionaliseer en gevind,
Mandrax-tablette, Crystal Meth en Khat, met ‘n totale waarde van ongeveer R3 180.00 asook R8 780.00 kontant wat glo die opbrengs van misdaad is.
Die span het verder drie aanvallers gearresteer wat ‘n lid van die publiek beroof het nie ver van waar hulle die dwelmhuis deursoek het nie.
Alle verdagtes sal binnekort in hul onderskeie howe van Kimberley en Port Nolloth verskyn.
Talle verkeersoortredingsboetes is by verskeie VCP’s in Frances Baard en Nama-kwa uitgereik.
Die gevegspanne sal hul pogings verskerp deur die ruimte vir onwettige mynwerkers in te perk.