GEMSBOK-UPINGTON: Met meer stewels op die grond, bly Operasie Shanela se weeklikse multidissiplinêre hoëdigtheid-operasies daarop gefokus om prioriteitsmisdade in die provinsie aan te spreek.
Ontwrigtende aksies regoor die provinsie het op Maandag, 3 Maart 2025 begin en op Sondag, 9 Maart 2025 afgehandel - gefokus op verskerpte misdaadvoorkoming en die bekamping van pogings om kriminele aktiwiteite in die provinsie hok te slaan.
Hierdie polisie-aksies het voertuigbeheerpunte (VCP’s), stop- en deursoekings, padblokkades, opsporing van gesoekte verdagtes, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, bewusmakingsveldtogte, gemeenskapsuitreikaksies met gemeenskapspolisiëringsraadvergaderings ingesluit.
Tydens die weeklikse operasies het die polisie 325 persone gearresteer vir ‘n verskeidenheid misdade, insluitend: rooftogte, moord, poging tot moord, verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer, gewone aanranding, huisbrake, diefstal van of uit ‘n motorvoertuig, opsetlike saakbeskadiging, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige migrante.
46 Voertuigbeheerpunte (VCP’S) en 10 padblokkades is uitgevoer.
Talle persele is deursoek, waaronder 2453 voertuie is gestop - met 5026 persone wat deursoek is.
Nakomingsinspeksies is uitgevoer, en ongelisensieerde drankpersele is gesluit, tweedehandse handelaars en drankpersele, formele en informele besighede, plase, skoolbesoeke en myne is ook besoek.
Tydens die operasies het die polisie beslag gelê op koper, gevaarlike wapens, duisende liters alkoholiese drank, dwelms, dagga en geld wat vermoedelik opbrengs van misdaad is.
Die provinsiale kommissaris van die Noord-Kaapse luitenant-gene-raal Koliswa Otola het herhaal dat Operasie Shanela onverpoosd sal voortgaan in al vyf distrikte met ‘n nul-toleransie-benadering teenoor alle misdade in die provinsie.