Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Kanoneiland SAPD, in samewerking met INTERPOL, het ‘n 41-jarige VSA-burger op Sondag 26 Oktober 2025 in Kanoneiland in hegtenis geneem vir uitlewering.
Lede van INTERPOL het met die Kanoneiland SAPD saamgewerk in verband met ‘n Amerikaanse man wat vir verskeie sake, insluitend ontvoering, gesoek word. 
Hulle het vermoed dat hy in die omgewing van Kanoneiland was.
Die SAPD-span, bestaande uit die Kanoneiland SAPD, Upington Grenspolisie en Upington Snelwegpatrollie, het in samewerking met INTERPOL-amptenare die verdagte suksesvol op ‘n plaas in die omgewing opgespoor en in hegtenis geneem.


Die verdagte wat in aanhouding is, sal na verwagting binnekort uitgelewer word. Die Distrikskommissaris van ZF Mgcawu, ge- neraal-majoor Monica Sebili, het die same- werking tussen die twee wetstoepassings- agentskappe geprys en die span wat betrokke was by die uitvoering van die inhegtenis-   neming toegejuig.