Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Dawid Kruiper Munisipaliteit se munisipale bestuurder, dr Elias Ntoba, is verlede week genoodsaak om onder eed te erken dat “nie alles pluis is by die dienslewering en eerbied van menseregte by Dawid Kruiper Munisipaliteit nie”.
Dit volg nadat  die Suid-Afrikaanse Mense Regte Kommisie – verlede week ‘n ondersoek geloods het na die dienslewering van munisipali- teite in die Noord-Kaap. 
Toe die kommisie hom direk vra of DKM menseregte, soos die reg tot basiese dienste en water en sanitasie dienste skend, het hy namens die munsipaliteit skuld erken.


Dr Elias Ntoba - wie in sy tweede termyn as Dawid Kruiper Plaaslike Munisipalieite optree (altesaam 16 jaar...) is na dr Boshoff se eerste vraag, ‘ of dit sy beleid is om as MM reageerloos op te tree - en waarop Ntoba ‘nee’ met erns geantwoord het-  gemaan dat indien hy hom daaraan sou skuldig maak dat hy onder eed onwaarhede kwyt raak - hy krimineel vervolg sal word.
Klagtes wat gelei het tot die vraag het daarop gedui dat die publiek se diensleweringsklagtes deur Ntoba en amptenary geignoreer word en dat die staff onbeskof en onbehulpsaam is. 
Boshoff het DKM as ‘n reageerlose munisipalieit  en munisipale bestuurder – met ‘n oneerbiedige administrasie wat gewone burgers behandel asof hulle geen regte het nie.
In reaksie hierop, het Ntoba erken dat hy weet van die klagtes met betrekking tot riool, emmer toilette, verkeerde rekeninge, behuising ens. asook dat hy  gesprekke met die betrokke klaers gehad het. Hy het ook beloof  planne is opgetrek om probleme aan te spreek en gereelde monitering van sommige van die kwessies sal plaasvind. Amptenare se gedrag word glo deur ‘n bestuurder vanuit die munisipale bestuurder se kantoor aangespreek.
Tydens die verhoor het dr Ntoba gesê daar is ‘n voorsorg maatreël vir riool oorstromings by spesifiek die Kalahari Mall en dat daar “geen meer lekkasies huidiglik is nie”.. Hy het voortgegaan om te sê die verstoppings in al die woongebiede word aangespreek - maar herhaal hulself as gevolg van vandalisme, vette en vreemde stowwe in die sisteem ens.
Klagtes wat teen DKM, asook die ander Noord-Kaapse Munisipaliteite, by die MRK aangebring is sluit in- onvoldoende vullis/afval verwydering,  onvoldoende water voorsiening, padverval, watersuiweringsprobleme, rioollekkasies, groot agterstand in behuising en infrastruktuur onderhoud, finansiële beperkings, swak inkomste-invordering, hoë werkloosheid en ondoeltreffendheid in besteding, afhanklikheid van kostedienste soos watertenkwarsie - korrupsie, interne sabotasie, opgeblase personeel- en raadslidkoste - onnodige regskoste, hoë skulddienskoste, beperkte tasbare opbrengste uit lidmaatskapgelde (SALGA, Distriksmunisipaliteite, onwettige storting, vullisversameling (Eskom-gebiede), vandalisme, diefstal, te kort aan tegniese vaardighede, te groot personeel - politieke onstabiliteit.
Van al hierdie klagtes – het Ntoba slegs die swak invordering van inkomstes amptelik betwis. 
Hy het benadruk dat DKM oor die laaste paar jaar vanuit finansiële verval – as gevolg van wanbetalings – tot ‘n ongekwalifiseerde oudit uitkomste tot en met ‘n jaar gelede gegroei het – en dit as gevolg van protokolle in plek om inkomste invordering te verbeter. Hy het aangedui dat DKM ‘n goeie kre- dietrekord met hulle krediteure het.
Kort hierna is daar gefokus op minderbevoorregtes wat vir dienste betaal wat hulle nie ontvang nie.
Hierop het Ntoba gesê hy dink nie dit is so ‘n groot pro-     bleem nie en dat DKM presies in terme van verskillende gebiede weet watter dienste daar gelewer word.
Mense word tog gefaktureer vir dienste wat nie gelewer word nie – maar volgens Ntoba word hierdie van geval tot geval aangespreek – mits klaers persoonlik na sy kantoor kom om rekeninge te betwis.
Baie van hierdie inwoners word vir water en sanitasie gefaktureer – maar ontvang nie eers die mees basiese mense reg en diens – toegang tot drinkbare water nie.
Ntoba ontken water toegang - ten spyte van verklarings onder eed.
Ons water is reg sê Ntoba , die kwaliteit is 96% volgens Blou Druppel – maar nadat Boshoff hom verder ondervra het, moes hy erken dat mense nie almal toegang tot drinkbare water het nie..
Boshoff het uitgelig dat 44% van DKM se huishoudings nie toegang het tot betroubare watervoorsiening nie. Hy het voortgegaan om te sê 43% van DKM se water gaan verlore. Die  nasionale aanvaarbare norm is 25%
Ten einde van die ondervraging oor watervoorsiening, moes Ntoba erken dat DKM skuldig is aan die wanbestuur van water, maar hy sê  daar is nou ‘n plan van aksie om water reg te bestuur.
Na afloop van die sessie het die MRK gemaan dat  al DKM se planne om klagtes aan te spreek, skriftelik voor 31 Okotber by MRK ingehandig moet wees
Boshoff het ook gesê dit is rolspelers se verantwoordelikheid om streng nakoming van die voorstelle  te vereis/verseker - terwyl MRk aanhou druk toepas (Sien berig oor besoek aan rioolstortingsgebiede elders in die koerant.
Volledige onderhoude met munisipale bestuurders en rolspelers van plaaslike, sowel as distriskmunisipaliteite kan op die MRK youtube kanaal gesien word. https://www.youtube.com/watch?v=QBIh4jz8oLA

Hou die Gemsbok dop vir meer oor die Menseregte Kommissie se ondersoek na munisipale dienslewering in die Noord-Kaap