Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

 GEMSBOK-UPINGTON: Na afloop van die ter plaatse vergadering tussen rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit -  vroeër vanjaar  met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se  direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, het alle rolspelers ooreengestem dat ‘n onafhanklike party genader sal word om die waterkwaliteit van die hele strook, tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal ,wat onder die treinbrug in Schröderstraat, te toets - en dat ‘n oplossing volgens die bevinding gesoek sal word.
Die verslag is die afgelope week deur Fritz Bekker, van Clean Stream Enviromental Services, bekendgestel.
  Vorige stortings van onbehandelde munisipale rioolwater in hierdie seisoenale stroom het gelei tot reukoorlas en die persepsie dat die oorsprong van oppervlakvloei in hierdie stroom van ‘n gekompromitteerde rioollyn is. 
 ‘n Terreinbesoek is op 21 Mei 2024 onder-neem.

 
Beide die westelike en oostelike kante van die Kalahari Mall-stroom is te voet ondersoek, waar toeganklik. 
Foto’s is geneem van belangrike aspekte en geskikte watermonsterlokaliteite is geïdentifiseer. 
Hoërskool Duineveld is besoek, wat net stroom-op van die Kalahari Mall geleë is. 
Skoolpersoneel is ondervra en ‘n terreininspeksie is op die skoolterrein uitgevoer.
Monsters is vir bakteriologiese en hidrochemiese ontleding by die SANAS geakkrediteerde Pathcare-laboratorium in Upington versamel. Waterkwaliteitparameters is gekies om aan te dui of die watertipe in die Kalahari Mall-stroom vergelykbaar is met onbehandelde rioolwater. Die steekproefpunte is gekies, nadat alle faktore wat tydens die terreinbesoek gevind is, in ag geneem is. 
Die steekproefpunte  word genoem KFC Ponding Pater (-28.445550,21.258906),  Subway (-28.451740,21.256772) en Africa River Lodge (-28.453111,21.256967).
Monsters is by KFC Ponding Water en Africa River Lodge versamel vir hidro-chemiese ont-ledings by die SANAS geakkrediteerde Bemlab in Somerset-Wes. 
Alle watermonsters is versamel en bewaar volgens voorgeskrewe prosedures.
Die studiearea is toe verskeie kere in die loop van twee dae (21 en 22 Mei) herbesoek.
 Bekker sê “van die oppervlaktegroei van plantegroei tot suid van Duineveldskool en die weste van Laerskool Oranje-Noord is dit opvallend dat daar ‘n gereelde bron van ondergrondse water na hierdie droë seisoenale stroompie is.”
 ‘n Terreinbesoek en bespreking met die skool-personeel by Duineveld Skool het die volgende aan die lig gebring:
• Daar is baie besproeiing van die skooltuine en sportgronde deur die jaar.
• Daar is gereelde verstoppings en mangatoorlope by die skool se riool-infrastruktuur, wat die skool se verantwoordelikheid is.
• Daar is gereelde verstoppings en mangatoorlope vanaf die munisipale rioollyn wat die skooleiendom deurkruis.
• Riooloorlope, sodra dit aangemeld is, word vinnig deur die skool of munisipaliteit reggestel.
Bewyse toon dat besproeiingsterugvloei in ‘n vlak insypel en bydra tot die grondwatervloei en uiteindelike oppervlakvloei in die Kalahari Mall-stroom. Residensiële besproeiing in die opvangsgebied kan ook bydra tot die ondergrondse vloei.
 Die verhoogde soutgehalte gevind by die lokaliteite KFC Ponding Water (14 619 mg/l TDS) en Africa River Lodge (2 160 mg/l TDS) ondersteun hierdie bevinding. 
Die TDS van besproeiingsterugvloeie wat in die Noord-Kaap gemonster is, is 625 tot 13 910 mg/l TDS. 
Die TDS soos aangeteken by die Kameelmond WWTW is 308 mg/l.
Munisipale besproeiingswater en besproeiingskanaal
Baie munisipale besproeiingswater is opgemerk waar dit die Kalahari Mall-stroom binne gaan vanaf aangelegde gebiede naby die Kalahari Mall . 
Die vloei was hoër gedurende die nag en kan aansienlik bydra tot oppervlakvloei in die Kalahari Mall-stroom. 
Die munisipale besproeiingswater is nie ontleed nie, maar kan verhoogde besoedeling bevat as dit uit herwonne water bestaan.
’n Besproeiingskanaal loop oor die Kalahari Mall-stroom wes van Laerskool Oranje-Noord. Hierdie kanaal was nie in gebruik tydens die terreinbesoek  nie. Sommige ondergrondse syfering kan egter ook die Kalahari Mall-stroom vanaf hierdie kanaal binne gaan wanneer dit in wer-king is. Dit is bekend dat die kanaalwater verhoogde E. coli-vlakke bevat.
 Potensiële rioolafvoer
Geen oppervlakwaterafvoer van onbehandelde rioolwater na die Kalahari Mall-stroom is tydens hierdie ondersoek gevind nie. Die resultate van die watergehalte toon bewyse van riool invloei as gevolg van die verhoogde bakterieëtellings, maar die versuipte rietbeddings in die Kalahari Mall-stroom maak dit moeilik om verborge afvoer te identifiseer.
Verskeie mangate sonder deksels is opgemerk en stormwaterinfiltrasie kan in die rioollyn plaasvind, wat kan lei tot verstoppings of oorstromings as gevolg van die onvermoë om oortollige reënwater na die afvalwatersuiweringsaanleg te lei. 
 Gevolgtrekking:
 • Ten tyde van die ondersoek is geen af-voer van onbehandelde rioolwater gevind wat die Kalahari Mall-stroom binnedring nie. Oppervlakvloei in die stroom was visueel ook nie vergelykbaar met onbehandelde rioolwater nie. Geen afval is opgemerk nie, en geen lastige reuk bespeur nie.
• Die waterkwaliteite soos aangeteken naby die Kalahari Mall en by die afvoerpunt van die Kalahari Mall-stroom na die Oranjerivier, is vergelykbaar met besproeiingsterugvloeie.
• Intensiewe besproeiing op sportvelde, in die stedelike gebiede van Upington en aangelegde gebiede langs die pad kan aansienlik bydra tot die oppervlakvloei in die Kalahari Mall-stroom.
• Sypeling uit die besproeiingskanaal kan ook bydra tot die vloei in die Kalahari Mall-stroom.
• Gereelde rioollynblokkades kan verantwoordelik wees vir die bakteriologiese kontaminasie van die oppervlak- en ondergrondse water in die Kalahari Mall-stroom.
• Afgevloeide rioolwater kan vir ‘n geruime tyd na elke storting in die moerasagtige rietbeddings vasgehou word. Hierdie patogeen-geaffekteerde water sal met ander bydraes meng, insluitend skoon stormwaterafloop om die Oranjerivier te besoedel.
• Oppervlakvloei soos gegenereer deur besproeiingsterugvloeie, kan dus die patogene wat afkomstig is van intermitterende rioolafvoer na die Oranjerivier oordra.