Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-BOEGOEBERG: Boegoebergdam sal volgens ingeligtes van 16 Junie tot 7 Julie leeggemaak wees - om voorsiening te maak vir jaarlikse instandhoudingswerk. 
Beduidende werk word aan die meganiese hekke, stroppe en sluise gedoen.
Die waarnemende woordvoerder van die departement van water en sanitasie, Andile Tshona, het gesê aansienlike werk sal aan die meganiese hekke, stroppe en sluise gedoen word.
“Die instandhoudingswerk sal die regmaak van vier hidrouliese sluise, die opknapping van hidrouliese silinders en die vervanging van buigsame pype insluit,” het Tshona gesê.


“Dit sal lei tot ‘n toevoeging tot die gewone watervrystelling van Juniemaand, wat 81 833 kubieke meter is, wat ‘n effense toename in die laer Oranjerivierstelsel sal byvoeg. Hierdie geringe toename sal ’n minimale impak op gewasbesproeiing hê, aangesien dit nie ’n waterkritieke deel van die jaar vir die besproeiing van gewasse is nie.”
Tshona het gemeenskappe wat stroomaf van die dam woon, verseker dat hul watertoevoer nie tydens die geskeduleerde instandhouding onderbreek sal word nie.
“Die departement het breedvoerig met alle gemeenskappe en watergebruikers in die Boegoeberg Watergebruikersvereniging (BWUA) se bedryfsgebied gekonsulteer om bewus te wees van die beplande instandhouding by die dam.
“Die BWUA, in samewerking met belanghebbendes en !Kheis Munisipaliteit, sal verseker dat gemeenskappe langs die rivieroewer, insluitend Topline, Karos, Leerkrans en Lambrechtsdrift, ‘n watertoevoer sal hê deur water in die kanaal te blokkeer; genoeg om vir die hele drie weke te hou terwyl instandhoudingswerk gedoen word.”
Tshona het gesê dat die Departement van Water en Sanitasie, wat saam met die Rampkluster werk, opdaterings sal verskaf indien enige ver-anderinge aan die beplande Boegoebergdam-instandhouding plaasvind.
“Ons doen ‘n beroep op alle boerderygemeenskappe langs die rivierstelsel om hul waterpompe deur hierdie tydperk noukeurig te monitor. Geen visvang of swem word onder hierdie omstandighede toegelaat nie,” het hy bygevoeg.