Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KEIMOES: Na afloop van ‘n brand wat Woensdagaand naby die RK Sending op Keimoes uitgebreek het, het gerugte dat die historiese gebou in puin gelê is, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. 
Die Gemsbok het met Meisie Pool, voorsitter van Afriforum Keimoes, gepraat om vas te stel of daar wel ‘n vuurtjie brand waar die rokie trek.
Pool het aan die Gemsbok vertel, dat die Keimoes Buurtwag Woensdag omstreeks 19:00 ontbied is na ‘n brand wat agter die bekende RC Mission Mill gebou op Keimoes uitgebreek het.
Die dig bebosde area agter die gebou het glo aan die brand geraak en spoedig in ‘n ernstige bedreiging vir die gebou geraak.


Ten spyte van die donker, hoë bome en erge droë plantegroei, kon die brand - met behulp van die buurtwag, munisipaliteit en ander inwoners van die gemeenskap - die brand binne ‘n paar uur onder beheer bring.
Hoë mas kragpale is egter in die brand verwoes en dit het dele van die dorp vir bykans 24 uur sonder krag en selfs internet gelaat.
Wat die brand veroorsaak het, is steeds onbekend.
Daar word bespiegel dat iemand die veld aan die brand gesteek het, terwyl anderbeweer dat vuurwerke in die omgewing geskiet is. 

# RC Sendingmeul was vir meer as100 jaar in bedryf. Die koringmeule is in 1915 deur Vader Fages en Broer Henry gestig en gebou. Pa Fages en Broer Henry was deel van die Rooms-Katolieke Sending in Keimoes, Noord-Kaap, en hulle het die Meule gestig as ‘n bron van broodnodige inkomste.
‘n Koringmeule was reeds so vroeg as 1904 in die omgewing in aanvraag, maar een kon nie gebou word sonder die toestemming van die Regering nie. Ten tyde van die stigting van RC Sendingmeule in 1915 was nog net een ander koringmeule in die omgewing in bedryf en dit was in Rooikopeiland (Keimoes). Broer Henry het min geweet van masjinerie, maar met aanmoediging en ‘n lening van biskop Simon het hy die struikelblokke oorkom en die Meule is gebou. Ander is deur broer Henry se sukses geïnspireer en vier ander koringmeulens is gedurende die vroeë 1920’s in die gebied opgerig.
 RC Mission Mill was selfs tot in 1958 as ‘n moderne 
koringmeule beskou.