Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-ONSEEPKANS: Vyf nuwe polisiekonstabels het - saam met drie ander Onseepkans SAPD-konstabels - op ‘n vermeende dwelmhandelaar toegeslaan en op dwelms ter waarde van sowat R9300 beslag gelê.
Op 04 Januarie 2024, om 10:00,  het Onseepkans SAPD inligting ontvang en ‘n 32-jarige vrou in hegtenis geneem, nadat hulle haar huis in RC Mission, Onseepkans deursoek het.


Die SAPD-lede het op 56 sakkies tik in haar besit beslag gelê.
Die verdagte sal binnekort in die Pofadder-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige handel in dwelms.
Die distrikskommissaris vir die Namakwa-distrik, brigadier Schalk Andrews, het die lede geloof vir hul onverpoosde stryd om dwelms in die distrik uit te roei.