Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het oor die afgelope jaar verskillende probleem-areas van die riool infrastruktuur aangespreek en afgehandel.

Patrick Williams, skakelpersoon vir DKM, het die volgende persverklaring uitgereik wat werk in verskillende areas verduidelik: “Opknappingsprojek van Kameelmond Rioolwerke

Die bestaande rioolwerke geleë in Kameelmond, is herstel tot die oorspronklike kapasiteit, met verwysing na die verwerking van die grootmaat rioolafval. Die totale projek koste met verwysing na die herstel van die bestaande rioolwerke beloop R65 miljoen.

Die kapasiteit van die bestaande werke beslaan 16 mega liter per dag. Net ter verduideliking, ‘n megaliter is ‘n miljoen liter of 1000 kubieke meter. Hierdie projek is voltooi waarvan die defekte periode tans van toepassing is om sodanig die effektiwiteit te monitor en defekte aan te spreek tydens hierdie twaalf maande periode. ‘n Kragopwekker is addisioneel aangebring om tydens die heersende kragonderbrekingsperiodes voort te kan gaan met die verwerking van grootmaat rioolafval.

Daar volg ook ‘n fase 2 projek om voorsiening te maak vir die toenemende groei en ontwikkeling wat vorm binne die Dawid Kruiper Munisipale regsgebied. Die addisionele kapasiteit wat sal volg is beraam vir 12 mega liter per dag. Die gesamentlike kapasiteite sal dus voorsiening maak vir ‘n projeksie van ongeveer 20 jaar gebaseer om bepaalde faktore soos van toepassing op die ontwerpsbenadering.

Dit is van kardinale belang dat die eind-verwerkingspunt (Kameelmond Rioolwerke), eers volledig opgradeer moet word alvorens defekte in die totale netwerk deur middel van kapitale sowel as eie-befondsing toekomstig opgradeer gaan word.

  1. Opradering van Oostelike rioolpyplyn

Die oostelike grootmaat rioolpyplynprojek is ook voltooi. Hierdie projek is oor twee fases uitgevoer. Die totale projekkostes van beide fase 1 en 2 beloop R58 miljoen.

Die omvang van die werke word as volg gelys:

  • Opgradering van bestaande asbestos pyplyn wat vervang is met ‘n 800mm diameter HDPE pyplyn.
  • Opgradering van bestaande asbestos pyplyn wat vervang is met ‘n 400mm diameter HDPE pyplyn naby die Unie-velde.
  • Opgradering van bestaande asbestos pyplyn met 400mm diameter HDPE pyplyn naby Bellvue ingang.
  1. Probleem-areas en oplossings:

3.1 Duikweg Rioolpompstasie

Minimale riool storting was hier van toepassing as gevolg van die heersende krag onderbrekings wat tans deur Eskom ge-implementeer word. Die probleem is volkome aangespreek deur dat die duikweg rioolpompstasie ook met grootmaat lewering van elektrisiteit vanaf Abraham September Waterwerke gevoer word.

Tans word Abraham September Waterwerke op ‘n maandelikse basis met die versoek van ‘n skriftelike aansoek na Eskom kwytgeskel van beurtkrag. Onderstaande foto dien as verdere verwysing:

3.2 Jupiter Begraafplaas

Die interne grootmaat rioolpyplyn, aan-grensend aan Jupiter Begraafplaas, is tans onder kapasiteit. Dit bring mee dat materiaal veral ongewenste materiaal, vinnig in die netwerk uitsak en so rioolverstoppings veroorsaak. Daar word dus daagliks inspeksies uitgevoer om die probleem aan te spreek, indien enige verstopping mag voorkom. Hierdie gedeelte sal wel in die toekoms vervang word.

3.3 Kalahari Mall Area

Daar is tans sigbare water in daardie area. Hierdie water is die oorsaak as gevolg van die watertafel wat oorversadig is. Die sigbare water is nie die oorsaak van rioolverstoppings nie. Hierdie area word ook weekliks gemonitor om enige moontlike verstoppings wat mag voorkom onmiddelik te kan aanspreek.