Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-LOHATHLA: Ses soldate is dood en drie ander het tweedegraadse brandwonde opgedoen ná ‘n brand by die South African Army Combat Training Centre (CTC) in die Noord-Kaap uitgebreek het. 
Die brand het Vrydag omstreeks 13:45 uitgebreek. Na wat verneem word, het die brand vanuit die westelike grens van die myn wat langs die oefenarea is, gekom. 
Drie beseerde soldate is in die hospitaal opgeneem.

Die ses soldate wat Vrydag in ‘n brand by die Lohathla militêre basis in die Noord-Kaap gesterf het, is deur SANW bekend gemaak - nadat hul families in kennis gestel is.
Die soldate wat gesterf het, is: * stafsersant Abraham Desember Morajane, * stafsersant Sipho Berrington Cele, * korporaal Sithembiso Wiseman Ndwalane, * korporaal Noxolo Faith Ngubane, * lanskorporaal Prince Michael Mthethwa en * lanskorporaal Londiwe Purity Zulu.
Rene Mercuur, woordvoerder van die SANW, het gesê hulle brand-en-reddingspan was op bystand, aangesien die gebied die afgelope weke met baie brande te doen gehad het. 
Wat Vrydag se brand onvoorspelbaar gemaak het, was ‘n skielike verandering in windrigting, wat teen 70 km/h ruk.
 “Soldate van die Suid-Afrikaanse weermag is in die omgewing ontplooi ter voorbereiding van die jaarlikse Suid-Afrikaanse Weermag-oefening, “Excercise Vukuhlome”, toe die brand uitgebreek het. “Op hierdie oomblik is die fokus om die brand te bedwing en om rekenskap te gee van alle lede wat in die area was waar die brand plaasgevind het. “Die brand het ook kamptoerusting en voertuie vernietig. Die Suid-Afrikaanse weermag beoordeel tans die situasie op die grond en verdere inligting sal mettertyd gekommunikeer word,” het Mercuur gesê.