Lylle & Liam Pieterse het die afgelope paar weke Suid-Afrika in die Flanders Internasio-nale Skopboksbeker en Italiaanse Wêreldbeker verteenwoordig. Hierdie boeties van Kathu is beslis ‘n fors om mee rekening te hou. Lylle behaal 1ste plek in “Kick Light” en 1ste plek in “Continious fighting” en Liam ‘n 3de plek in “Points fighting”.
“Tydens die Italiaanse Wêreldbeker het Lylle homself teen verskeie opponente goed ‘verdedig en Liam het in twee gewigs-afdelings vir punte baklei. Beide seuns het ook hier hulle ouers trots gemaak.
Die twee boeties het in 2019 by die Phoenix Warrior-klub aangesluit vir Kickboxing en MMA onder Sensei David Mac Vay. Lylle, as die toegewyde en gedissiplineerde vegter, het hy van meet af aan aangehou floreer. Verlede jaar het hy aan ’n Noord-Kaapse titelgeveg deelgeneem en nommer twee gerang.
As deel van die Noord-Kaap MMA-span het hy deelgeneem aan die SA Kampioenskappe wat in Brakpan gehou is, hy het tweede plek behaal, en is ingesluit in die SA Internasionale Jeugspan waar hy een geveg gewen en twee verloor het.
Hy was 7de op die wêreldranglys vir sy ouderdom en gewigsgroep. Kleinboet Liam skitter op elke kompetisie wat hy tot dusver gedoen het. Hy het stilweg ingesluip en goud gevat - wanneer hy ook al sy voete op die matte sit. Hy het aan die SA kampioenskappe deelgeneem en eerste plekke gekry vir elke afdeling waarin hy geveg het, naamlik: kick light, continues fighting en points fighting. Liam is ‘n Gr 3 leerder by Laerskool Kathu. Lylle is ‘n Gr 11 leerder by Hoërskool Kathu.