GEMSBOK-UPINGTON: Walker’s Midas Upington het beslis ‘n pluimpie in Upington se hoed geplaas - toe hulle as die Midas-groep se “Franchisee Of The Year” aangewys is. Die harde werk, puik diens en hoë kwaliteit produkte wat deur hierdie tak gewaarborg word - is die rede waarom Walker’s Midas Upington - as die beste Midas uit meer as 330 takke aangewys is! Erin, Janie en Max Walker, saam met 180 ander Midas eienaars, was in Griekeland by Mykonos om die pryse te ontvang. “Dankie aan al ons personeel - wat elke dag opdaag en wêreldklas diens lewer - met goeie kwaliteit produkte,” sê Erin Walker. “Dankie aan elke kliënt vir getroue ondersteuning,” beaam Max Walker.
Midas is die grootste motor-namarkonderdele-franchise in Suider-Afrika. Die maatskappy is gefokus op die voertuigeienaar - en hulle sterk teenwoordigheid in die werkswinkelmark, en met DIY-entoesiaste, maak die Midas-produkaanbieding ideaal vir alle areas van die mark. Een van die belang-rikste sterkpunte van die Midas-handelsmerk is - die sterk entrepreneursgees wat die sukses van die besigheid dryf. Die kennis en ervaring van die verkoopsspanne en eienaars - beteken dat jy, as die verbruiker, sal baat by baie jare se opbouende kennis en passie vir die besigheid. Dit is met hierdie ideologie dat Eric Walker in 1987 by die Midas-franchise aangesluit en deur die jare die maatskappy opgebou en uitgebrei het. Dit is ook met hierdie waardes en trots, waarmee sy seuns, Erin en Max, grootgeword het en vandag op voortbou. Dit het daartoe gelei dat Walker’s Midas Upington, onlangs Kathu Midas oorgegekoop het! “Ons beloof dieselfde kwaliteit diens aan ons Kathu kliënte, as waaraan die Upington kliënte deur die jare hier gewoond geraak het.” sê Erin. Alle huidige debiteure van Walker’s Midas kan daar koop vanaf 1 November 2023.
“Ons het ook poste vir senior bestuurders en parte verkoop konsultante. Uitstekende salaris pakkette, kommissies, bonusse en winsdeling. Stuur jou CV en ID aan