Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-POSTMSBURG: Die Postmasburg-polisie ondersoek ‘n moordsaak, nadat ‘n 20-jarige man in die hospitaal dood is, toe hy deur ‘n woedende skare in Newton, Postmasburg, aangeval is. Die oorledene was betrokke by die nood-lottige messteek van ‘n bekende en geliefde gemeenskapslid, Gladwin Bele (29), nie ver van sy huis op Saterdag, 16 September nie. Bele is in die hospitaal dood. Daar word vermoed dat Bele, wat by een van die plaaslike myne gewerk het, in sy straat probeer het om aanwysings aan ‘n afleweringsvragmotor te gee - toe hy deur sy moordenaar/s aangerand is.

Nadat hy gesteek is, het Bele na ‘n buurman se huis gehardloop en hulle het daarin geslaag om hom hospitaal toe te jaag. ‘n Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sers. Molefi Shemane, het gesê die oënskynlike “mob justice-aanval” het gebeur - terwyl die polisie besig was om Bele se moord te ondersoek.

“Terwyl die ondersoekbeamptes besig was om getuies op te spoor om verklarings te bekom - om die verdagte met die moord-toneel te verbind, het lede van die gemeenskap in opstand gekom en die 20-jarige ver-dagte erg aangerand. Die slagoffer is hospitaal toe geneem en het later aan sy beserings beswyk. ’n Saak van moord word ondersoek,” het Shemane gesê. Hy het bygevoeg dat vyf gemeenskapslede tydens die voorval beserings opgedoen het.

Shemane het gesê dat die Openbare Orde Polisie (POP) in die gebied ontplooi is en dat geen arrestasies nog gemaak is nie. Die polisie het ook die publiek se hulp versoek met inligting wat kan lei tot die aanhou-ding en arrestasie van die ‘mob justice-ver-dagtes’ en die ondersoek van die saak. Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, het die “sinnelose” aanval ten sterkste veroordeel. Otola het gewaarsku dat gepeupelgeregtigheid nie ‘n oplossing is nie en nie geduld sal word nie. Sy het gewaarsku dat diegene wat in hegtenis geneem is, die volle mag van die wet in die gesig sal staar. “Vigilantisme is gelykstaande aan misdaad. Die gemeenskappe is veronderstel om die oë en ore van die polisie te wees en word verplig om misdadigers by die polisie aan te meld vir verdere optrede en nie self ’n wet te wees nie,” het Otola gesê.

Woedende Postmasburg-gemeenskapslede het intussen die plaaslike polisie en die LUR vir vervoer, veiligheid en skakeling, Nomandla Bloem, blameer - omdat hulle hulle gedruk het om reg in eie hande te neem en dat hulle teen misdadigers opgetree het. Hulle het gesê hulle is “siek en sat daarvoor om geïgnoreer te word” wanneer hulle vra vir ingryping rakende die stygende misdaadvlakke in hul dorp. Hulle blameer ook die departement dat hulle nie daarin geslaag het om die plaaslike polisiestasie met hulpbronne te bemagtig en toe te rus nie. Die gemeenskapslede het verder gekla dat die verkose gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nie sigbaar is nie en nie ’n verhouding met die gemeenskap bou nie.

Baie het gesê dat die 20-jarige moordbeskuldigde aangeval is, omdat mense gefrustreerd is deur die stygende vlak van misdaad en die oënskynlike gebrek aan optrede deur die owerhede. Hulle het Bele beskryf as ‘n stil, respekvolle en gedissiplineerde gemeenskapslid.  Ten tyde van publikasie het die polisie bevestig dat ‘n 23-jarige verdagte Donderdagoggend in verband met die messteek op Bele in hegtenis geneem is. Shemane kon egter nie bevestig of dit die enigste verdagte is waarna die polisie in verband met Bele se moord gesoek het nie. Geen arrestasies is gemaak in verband met die ‘mob justice-aanval’ nie.