Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SISHEN: Vroeë kinderjare is 'n deurslaggewende deel van 'n kind se ontwikkeling en kwaliteit opleiding sal verseker dat 'n kind selfversekerd en gereed vir skool is.

Met gekwalifiseerde onderwysers sal alle kinders kwaliteit onderwys geniet en meer fasiliteite sal geskep word. Shiloh Training (Pty) Ltd, 'n geakkrediteerde diensverskaffer in Vroeë Kinderontwikkeling sorg vir kwaliteit VKO-onderwys en bied volledige kwalifikasies in NKR L4 en L5. Op 16 September 2023 is VKO-praktisyns, Klas van 2022, tydens 'n formele gradeplegtigheid vereer vir suksesvolle voltooiing van Verdere Onderwys en Opleiding Sertifikaat: Vroeë Kinderontwikkeling. Daphne Cornett van FAMSA, Kathu, het die sermonie met 'n hartlike boodskap geopen.

 Ashley Boer, departementshoof van die Grondslagfase by Laerskool Sishen, het die studente toegespreek oor die belangrikheid van VKO en Grondslagfase.

Alicia Salouise Grobler is beloon met die Top Student-toekenning en beste pre-stasie in Wiskundige Geletterdheid. Nicole Valmé van Wyk is beloon met beste prestasie in Kommunikasie. Kealebogile Iris Tsipane is met die Beste Vordering-toekenning beloon.

Kontak die inligtings-toonbank vir meer inligting by 0617445960 of 0782248743 of e-pos ons by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of besoek ons webwerf by http://shilohtraining.co.za.