Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PORT NOLLOTH: Van ‘n nasionale voorspraakwerksessie en protesaksies in Port Nolloth – bygewoon deur vissers en aktiviste van die Noord-, Wes- en Oos-Kaap en ook KwaZulu-Natal – tot ‘n plakkaatdemonstrasie buite die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum (CTICC), was dit onlangs ‘n groot week vir kleinskaalse vissersgemeenskappe en aktiviste wat buitelandse olie- en gaseksplorasie teenstaan. Die Green Connection se strategiese leier, Liziwe McDaid, sê: “Ons het met die ondersteuning van vissers en ander organisasies van regoor die land na die Noord-Kaap gereis om die vissers van Port Nolloth in hul stryd teen Total Energies te ondersteun. Ons is hier om seker te maak dat hierdie vissers se stemme gehoor word teen hierdie aanslag.”

Die nasionale voorspraakwerkswinkel vir kleinskaalse vissers word jaarliks gehou en het besprekings ingesluit oor huidige olie- en gasprojekte wat vir verskeie dele van Suid-Afrika se kus voorgestel word – van die Noord-Kaap tot by KZN – aangesien dit verband hou met ander mariene kwessies wat die lewensbestaan van vissers bedreig..

By die werksessie is tot die gevolgtrekking gekom dat die regte van vissers, wat deur hofaksie gewen is, geïmplementeer moet word, en dat medebestuur, wat aan vissers werklike besluitnemingsmag gee, as ‘n prioriteit geïmplementeer moet word.

Desmond D’Sa van die South Durban Community Environmental Alliance (SDCEA) sê: “Ons is hier om die gemeenskappe van Port Nolloth te ondersteun teen die stormloop na olie en gas aan hul kuslyn en teen groen waterstof. Total moet ophou om die mense, hul gemeenskappe en hul lewensbestaan te ondermyn, want die mense sal teen hulle opstaan.”

Twee protesaksies is as deel van die werkswinkel beplan. Die eerste was buite ‘n vergadering waar TotalEnergies met vissers kom praat het, en nog een as ‘n toon van solidariteit teen DFFE wat vissers kom betrek het oor hul visvangregte.

Kleinskaalse visser van Port Nolloth Walter Steenkamp sê: “Ons is geïnspireer deur hierdie vertoning van solidariteit van ons mede-kleinskaalse vissers en inheemse kusgemeenskappe in ons stryd teen TotalEnergies om ons lewensbestaan as vissers in hierdie oseane in gevaar te stel.”

’n Sterk boodskap is van vissers en aktiviste gestuur – nee vir olie en gas. Die werkswinkel het besluit om voort te gaan om die oseane te verdedig en vissers se lewensbestaan te beskerm.

 Die Green Connection se gemeenskapsuitreikkoördineerder, Neville Van Rooy, sê: “Ons het van verskeie provinsies hierheen gekom om ‘n baie sterk en direkte boodskap aan TotalEnergies te stuur dat ons oseaan nie vir olie en gas geplunder sal word nie. Die tyd vir fossielbrandstowwe is verby en ons gaan nie buig en laat ons oseane weer van ons gesteel word nie.”