Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-POSTMASBURG: Na aanleiding van toesighoudende inspeksies aan die Daniëlskuil- en Postmasburg SAPD-stasies, meen rolspelers dat die huidige SAPD-voertuigverkrygingsproses steeds misdaadbekamping in die provinsie negatief sal beïnvloed. 
Dit is ‘n bedreiging vir gemeenskapsveiligheid. Die provinsie het die swakste reaksiekoers op misdaad en noodgevalle in die hele land.  
Versuim van die SAPD om die verkryging en instandhouding van voer-tuie van die SAPD na die provinsie te desentraliseer, sal  die Noord-Kaap  as die provinsie in die land, wat die stadigste reageer op misdaad, bekend bly.


Daniëlskuil SAPD-stasie, verantwoordelik vir die versekering van die veiligheid van ongeveer 5 381 huishoudings, het slegs twee - uit ses - operasionele voertuie beskikbaar om die gebied te bedien. 
Ongelukkig is hierdie voertuie nie geskik vir die gruis- en ongeteerde paaie in die omgewing nie. Die enigste twee polisiebakkies wag ook om herstelwerk en dienste te ontvang. Verder is slegs vier uit agt voertuie by die Postmasburg SAPD-stasie tans mobiel. 
Personeel by die stasie het glo ook hul frustrasie uitgespreek oor die lang omkeertyd van voorsieningskettingbestuursprosesse wat steeds hul bekamping teen misdaad negatief belemmer. Saam met lang administratiewe prosesse en die invul van verskeie vorms, om net ‘n enkele onderdeel vir ‘n SAPD-voertuig te bekom, sal inwoners voortgaan om die swaarste te dra van vertraagde reaksietye op misdaad en noodgevalle deur SAPD in die provinsie.