Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: ’n 52-jarige munisipale elektrisiën van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit sal binnekort in die Springbok-streekhof verskyn, nadat hy daarvan aangekla word dat hy deel is van ’n sindikaat betrokke by die diefstal en verkoop van koperkabels.
Dit volg nadat ‘n lasbrief deur die Valke se Springbok-gebaseerde ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad geteken is.
 Die hofdatum is geskeduleer vir 3 Desember.


Volgens luitenant-kolonel Tebogo Thebe, woordvoerder van die Noord-Kaap Valke, is die beskuldigde, ‘n werknemer van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se elektrisiteitsdirektoraat, na bewering deel van ‘n sindikaat wat munisipale koperkabels gesteel en aan ‘n plaaslike skrootwerf verkoop het.
Thebe het gesê die polisie het in Januarie 2018 ‘n wenk ontvang oor die diefstal van Nama Khoi Munisipaliteit se koperkabels. 
’n Ondersoek is geopen en tydens die ondersoek is glo gesien hoe ’n handelsmerk munisipale voertuig kabels by die skrootwerf aflaai.
Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat munisipale elektrisiëns glo nuwe kabels onder die dekmantel van dringende herstelwerk aanvra, net vir die kabels om by die skrootwerf verkoop te word. 
Die munisipaliteit het na raming skade van R150 000 as gevolg daarvan aangegaan.
Tydens die ondersoek is twee verdagtes geïdentifiseer. 
Een is egter tydens die proses oorlede.
Thebe het gesê inligting wat tot die Valke beskikbaar is, dui daarop dat die werknemers ná ‘n interne ondersoek deur die munisipaliteit afgedank is.