Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KATHU: Twee mans, Kgotso Gaobuse (19) en Mosimanegape Bloem (41), het vlugtig in die Kathu-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 31-jarige Mohammed Ferazi en die roof van die snoepie waar hy gewerk het.
 Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, het die voorval Dinsdag, 08 Oktober 2024 omstreeks 13:30 in Kathu plaasgevind.
In videomateriaal wat op sosiale media die rondte gedoen het, blyk dit dat twee mans die snoepie in Sederlaan in Kathu binnegegaan het.


Die snoepie-werknemer, Mohammed Ferazi, wat alleen in die winkel was, is noodlottig deur die verdagtes beseer voordat hulle na bewering die snoepie beroof en gevlug het.
Na aanleiding van hierdie inligting het ‘n Rhino Security-reaksiebeampte die verdagte se voertuig opgemerk. Met Rhino Security, Kathu Gemeenskapspolisieforum en SAPD wat saamgewerk het, is een moordverdagte ‘n uur ná die voorval by die stortingsterrein in Kathu in hegtenis geneem.
Die ander 41-jarige manlike verdagte is later die nag om 20:45 by ‘n huis in Siyathemba in hegtenis geneem.
Enigiemand met inligting word versoek om sers Thamsanqa Mangaliso te kontak by 073 804 4316. Die ondersoek duur voort.
Intussen het rolspelers ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gedoen om meer te doen om inwoners van Kathu veilig te hou teen voorkombare misdaad en skade.
“Ons verwelkom die vinnige reaksie deur ‘n privaat sekuriteitsfirma, die gemeenskaps-polisiëringsforum (GPF) en SAPD. 
Die samewerking tussen hierdie misdaadbestrydende entiteite gaan, ten spyte van ‘n tekort aan hulpbronne en kapasiteit, nie ongesiens verby nie, sê Anna-Marie Caetano, rektor – Gamagara-munisipaliteit - wat ook dink hierdie onlangse moord plaas die kollig op Kathu-misdaad.
Sy voer aan dat een van die verdagtes ‘n bekende herhaalde oortreder is. Daar was talle klagtes oor hom by die SAPD en hy is die afgelope maand drie keer deur die GPF gearresteer. As klagtes teen die vermeende oortreder aanvanklik ernstiger behandel is, kon hierdie tragiese lewensverlies voorkom gewees het.
“Ons moedig inwoners dus aan om formele sake te open, maak nie saak hoe gering die misdaad mag lyk nie, om die SAPD te bemagtig om op te tree.”
Caetano het die Kathu-polisiestasie besoek en die stasiebevelvoerder, kaptein Yvonne Pebe, en die arresterende beampte bedank vir hul moeite en toewyding.
Sy het ook ‘n beroep op Pebe gedoen om meer van haar kant af te doen om te verseker dat die SAPD teen herhaalde oortreders optree.
“Ek het verder gemeenskapslede buite die Kathu-landdroshof toegespreek, simpatie met hul verlies en ’n beroep op kalmte en samewer-king met die SAPD gedoen.”
Terwyl misdaad in Kathu tot dusver van ‘n minder gewelddadige aard was, was daar ‘n merkbare oplewing in huisrooftogte.
Klein misdaad, soos diefstal van koperkrane, sowel as diefstal uit motorvoertuie, het ook toegeneem.
In ‘n tyd waarin groeiende werkloosheid kriminele aktiwiteite aanwakker en inwoners bevrees is dat die katastrofiese vlakke van misdaad in Kuruman, wat slegs 50 kilometer verder geleë is, na Kathu kan oorspoel, word dringende en beslissende optrede deur alle belanghebbendes vereis om Kathu veilig te hou.