Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-DANIELSKUIL: Kort nadat rolspelers gedreig het om die Groen Skerpioene te betrek, het die Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit,  gesê die kontroversiële rioolstorting is opgelos en dat die munisipaliteit daartoe verbind is om die geaffekteerde gebiede te herstel en te verhoed dat soortgelyke voorvalle in die toekoms herhaal. 
Luidens die sosiale media persverklaring, het ’n onlangse rioolstorting, weens “’n onvoorsiene verstopping in die stelsel” plaasgevind. Die verstopping het gelei tot die oorloop en storting van riool, wat plaaslike gebiede binne die jurisdiksie beïnvloed het.”
Die burgemeester van KLM, Irene Williams, het die KLM tegniese span gelei - wat die situa-sie “proaktief aangespreek het, deur ‘n deeglike skoonmaak en herstel aan die rioolinfrastruktuur te doen, instandhoudingsprosedures te verbeter om toekomstige voorvalle te voorkom  en kommunikasie met inwoners te verbeter”.
Dit volg nadat rolspelers die vorige dag reeds aanduiding gegee het dat die  Groen Skerpioene  glo onderneem  om ondersoek in te stel na skadelike waterpraktyke deur die Kgatelopele munisipaliteit.
 Dit sluit in die pomp van afvalwater van die Omega pompstasie in die Daniëlskuil Pan. 
Inwoners gebruik die pan vir ontspanningsaktiwiteite, as ‘n visbron en as drinkwater vir diere.

 
Omliggende kleinhoewes span ook grondwater vir huishoudelike gebruik in. 
Daar is egter vraagtekens oor die gehalte van hierdie water.
 Laasjaar se Groendruppelverslag het bevestig dat watersuiweringswerke in Daniëlskuil in ‘n kritieke toestand het. 
Die Bloudruppelverslag het bygevoeg dat die munisipaliteit nie mikrobiologiese veiligheidstandaarde nakom nie.
Inwoners gaan ook gebuk onder die las van oorstromende dreine en rou riool wat loop van een van die trokke wat deur die munisipale sanitasiedepartement gebruik word. Dit laat ‘n spoor van rou riool in elke straat agter.  
Dit blyk boonop dat ‘n riooldam sedert September 2020 by die Kuilsville pompstasie herontstaan het. 
Die gevolglike gesondheidsrisiko’s kan doodeenvoudig nie geïgnoreer word nie.
Juis daarom die versoek dat die Groen Skerpioene tot inwoners se redding moet kom.
Munisipale watertoevoer in Daniëlskuil het ook toenemend wisselvallig geword, wat verdere probleme skep vir inwoners wat sukkel om antwoorde van die munisipaliteit te kry. Dit is verwys na die relevante portefeuljekomitee by die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer en rolsplers wag vir die voorsitter om homself tot oorsig te verbind.