Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times


GEMSBOK-SPRINGBOK: Delta, die SAPD se plantopsporingshond, het die afgelope naweek aan onwettige plant handelaars gewys waar Dawid die wortels geplant het.
Delta wat opgelei is om vetplante op te spoor, het die kwaliteit van sy opleiding tydens ‘n polisie-optrede in Springbok vertoon, waar twee mans gearresteer is vir die onwettige besit van 1760 bedreigde plante.


‘n Multi-dissiplinêre operasie waarby die Springbok Vee-diefstal en Bedreigde Spesies Eenheid (STESU), Springbok Openbare Orde Polisiëring (POP) en die Trust vir Bedreigde Natuurlewe (Shadi Henrico, Esther Matthew en K9-Delta) betrokke was, is op Vrydag, 13 Oktober 2023 om ongeveer middernag gehou. 
Die polisie het ‘n goue VW Polo gestop en deursoek en met die hulp van die K9-Delta beslag gelê op ‘n sak Conophytum subterraneum plante en die motorvoertuig.
Die twee mans is gearresteer en aangekla ingevolge die Noord-Kaapse Natuurbewaringswet 9/2009 Art 50 & 51 vir die onwettige besit van bedreigde plante en sal binnekort in die hof verskyn.
Die Namakwa-distrikskommissaris, brig Schalk Andrews loof die multi-dissiplinêre span vir hul onverpoosde pogings en het ook die SA Jagters en Wildbewaring bedank vir hul volgehoue bystand en pogings om vetplantstropery in die Namakwa-distrik en omliggende gebiede uit te roei.