Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-PRIESKA: ’n Jongman sal agt jaar tronkstraf uitdien, omdat hy sy pa se meisie - op hul plaas in Prieska verwurg en doodgeskiet het.
Die hooggeregshof in Kimberley het Frans Cornelius Vermeulen (25) tot 12 jaar gevonnis en skuldig bevind vir die moord op Sharifa Brown (27), waarvoor vier jaar vir vyf jaar opgeskort is.


Vermeulen was 17 jaar oud ten tyde van die voorval, toe hy en sy pa se meisie, Sharifa Brown (27), na bewering in ‘n rusie betrokke was.
“Vermeulen het Brown verwurg en haar vier keer met ‘n.22-geweer geskiet, en sy is op die toneel dood,” het polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Sergio Kock, gesê.
“Die voorval het op 21 Mei 2016 omstreeks 21:00 plaasgevind en Vermeulen is op dieselfde dag in hegtenis geneem en het later borgtog ontvang,” het Kock gesê.
Kock het verder bygevoeg dat Vermeulen in die hooggeregshof in Kimberley skuldig bevind is en op 12 Oktober 2023 tot 12 jaar gevonnis is vir die moord, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is.
Intussen het generaal-majoor Nomana Mtukushe ao-offisier maarskalk Bosman en alle speurders van Prieska SAPD wat met ondersoeke gehelp het, geloof vir hul harde werk en toewyding wat tot hierdie vonnis gelei het.
“Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GBVF) kan nie geduld word nie en oortreders daarvan moet voor die gereg gebring word,” het Mtukushe gesê.