Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-DEBEN: Op Vrydag, 13 Oktober 2023 om ongeveer 09:00, het waaksame polisielede van Deben SAPD, Kuruman LCRC en Kathu SAPD se misdaadvoorkomingseenheid na ‘n huisbraakklag aandag gegee toe hulle ‘n voertuig gewaar wat verdag lyk en een verdagte in hegtenis geneem is.
Die span het daarin geslaag om al die ge-steelde goedere terug te kry.


Hulle het die Hyundai-vragmotor op die R380-pad opgemerk en dit tot in die Mapoteng-dorpie gevolg. 
Lede van die Kumba Sekuriteitsmaatskappy het ook gehelp en die voertuig is gestop en deursoek en van die gesteelde goedere is by die bestuurder verhaal.
Verdere ondersoek het die polisie na ‘n huis in Deben gelei waar hulle nog van die beweerde gesteelde goedere gevind het. 
Die gesteelde eiendom is positief deur die eienaar uitgeken en oorhandig.
Drie manlike verdagtes is steeds op vrye voet en die polisie het ‘n 25-jarige man in hegtenis geneem en beslag gelê op die Hyundai-vragmotor.
 ’n Soektog is van stapel gestuur na die drie ander verdagtes.