Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: ‘n Foutiewe klep in die sisteem, geen chemikalië en ‘n gebrek aan kommunikasie het daartoe gelei dat die inwoners van Langverwacht by Kakamas die afgelope tyd nie hulle water kon drink nie.
Nadat inwoners van die woongebied op sosiale media gekla het - dat hulle kraanwater onbruikbaar is, het die woordvoerder van die Kai !Garib Munisipaliteit, Mary-Ann Pienaar, aan die Gemsbok ‘n persverklaring uitgereik - waarin ‘n foutiwe klep in die sisteem as die rede vir die koffie-kleurige, slegte reuk, kraanwater van Langverwacht uitgekryt is.


Pienaar het bevestig dat die klep herstel is en dat die netwerk “gespoel is om van die oormatige sediment ontslae te raak”.
Intussen het die Gemsbok ‘n stemboodskap van ‘n werknemer van die munisipale watersuiweringsaanleg opgespoor - waarin hy meen dat daar reeds vir ‘n geruime tyd geen chemikalië  is om die water te behandel nie en dat die water al na alge ruik. 
Die werknemer meen die persone wie verantwoordelik is vir die aankoop van die chloor en vlok, het dit nooit verskaf nie. 
Die stem gaan voort om te sê dat hy en die werknemers van hierdie suiweringsaanleg - ook in die gemeenskap woon en dat dit nie vir hulle lekker is om te moet antwoord oor die water se toestand nie. 
Hy pleit by die bestuur om die chemikalië te bring, anders moet hulle die aanleg toemaak - wat sal lyk soos sabotasie - “wat dit nie is nie”.
Download YouCut_20231020_091847294

Die stemboodskap is ook aan die munisipaliteit gestuur - maar in hul persverklaring het geen haan daarna gekraai nie.
Tog in ‘n skrywe aan die Kakamas Belangegroep het Obakeng Isaacs, munisipale bestuurder vir Kai !Garib, weergegee dat daar ‘n miskommunikasie tussen die amptenare was en dat daardie chemikalië beskikbaar was.
Dit volg nadat die groepe na die munisipale bestuurder uitgereik het - om die haglike toestand van die water onder sy aandag te bring.
“Ons wil weereens ‘n oop kommunikasiekanaal hê - om die gemeenskap bewus te hou van wat aangaan met betrekking tot instandhouding en pro-bleme wat elke lid van die gemeenskap van Kakamas onder die Kai !Garib Munisipaliteit raak,” lui die skrywe. Isaacs het kommunikasie tussen die twee rolspelers verwelkom.
Hy het aan Rozanne van Rensburg, voorsitter van die Kakamas Belangegroep, gesê dat mnr Meyer Clarke bevestig  het dat die chemikalië wel beskikbaar was.
 “Ons amptenare moet net met mekaar praat. As daar ‘n tekort aan chemikalië  is, moet hulle met mnr Clark praat. Mnr Clark sal met die betrokke amptenaar praat en die situasie regstel.” het hy in sy epos gesê.
Van Rensburg meen indien kommunikasie tussen personeel die probleem is, dit die bestuur van die munisipaliteit se verantwoordelikheid is om die probleme uit te sorteer.
“Vergaderings word sekerlik weekliks of daagliks gehou en hierdie probleme moet dien-ooreenkomstig aangespreek word sonder dat dit so ver kom. Ek is seker jy sal saamstem dat die toestand van die water nie van slegs een nag voorkom nie. Dit neem ‘n paar dae voordat jy by hierdie toestand kom,” het sy aan Isaacs geskryf.
Sy het voortgegaan om te sê “Ons vertrou dat dit nie weer sal gebeur nie en dat die instandhouding van die aanleg en waterbehandeling daagliks plaasvind en deur die bestuur dubbel gekontroleer word.  Ons gaan nou in uiters warm weerstoestande en kan nie bekostig dat dieselfde probleem as in Desember/vroeg Januarie vanjaar voorkom nie.”
Die Gemsbok berig byna elke somer (tussen November en Februarie) oor die gebrek aan drinkwater in hierdie gebied. Of die geskiedenis homself gaan herhaal - sal net die tyd kan leer.
Intussen het die Gemsbok verneem dat die watergehalte dieselfde dag nog na drinkbaar herstel is. Die stemboodskap is op die Gemsbok se Facebookblad beskikbaar.