Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die droogtoestande vir rosyne in die Benede-Oranjerivier-streek van Suid-Afrika is beïnvloed deur ongewone hoë reënval en humiditeit in Week 10 (3 - 8 Maart) van die kalenderjaar. 
Daar is ongeveer sewe weke oor totdat die grootste deel van die rosyntjielewerings teen week 18 en 19 verwag word. 
Weens die uitstekende voor-oesseisoen word oesontwikkeling met sowat twee weke vertraag. Só sê die hoof uitvoerende beampte van Raisins SA, mnr. Wessel Lemmer.
Hy gaan voort om te sê dat die amptelike oesskatting vir vanjaar 104 000 ton is. Afhangende van die produksiegebied en as gevolg van die ongelyke verspreiding van reënval deur die produksiestreek, verskil menings of die totale lewering van rosyne aan die einde van die oes aan die skatting van 104 000 ton sal voldoen. 


“Produsente in die oostelike deel van die produksiestreek is optimisties dat die lewerings aan die oesskatting sal voldoen.
Verpakkers is bekommerd dat daar ‘n tekort van sowat 8 000 ton sal wees en op 96 000 ton (bruto produk) sal eindig. Daar kan dus verwag word dat afleweringsvolumes hoogstens 8% minder sal wees as die amptelike produksieskatting. Die verliese word toegeskryf aan ‘n swakker droogverhouding, laer suikerinhoud en hoër persentasie van geen waarde.
Die reënval van 3 - 8 Maart sal dus lei tot ‘n swakker graderingsuitkoms vir sommige uitstaande aflewerings.
Die amptelik gerapporteerde lewerings tot en met Week 10 is 48 282 ton, vergeleke met die oesskatting van 104 000 ton. Die persentasie van die oes wat reeds aan verpakkers/uitvoerders gelewer is, is dus 46%. 
‘n Opname onder verpakkers en produsente dui daarop dat produsente steeds tussen 15% en 35% van die oes moet oes, afhangend van die produksiestreek. Op ‘n geweegde gemiddelde blyk dit egter dat sowat 16% van die oes nog afgehaal moet word.
Gegewe die werklike lewerings van 48 282 ton en sienings dat sowat 16 640 ton nog gestroop moet word, beteken dit dat die oes in stoor by produsente en dié op die droogfasiliteite tussen 49 000 en 57 000 ton is. Daar word verwag dat die oes in opberging en op die droogfasiliteite teen ‘n hoër koers vir die res van die oesseisoen gelewer sal word,” aldus mnr.
Wessel Lemmer.