Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

’n 66-jarige manlike toeris, Raymond Oberholster, van Kaapstad is as vermis in die Augrabies-Waterval Nasionale Park aangemeld. 
Die individu het op Donderdag, 10 April 2025 by die park ingeboek.
Hy het glo op Vrydag, 11 April 2025 gaan stap.
Toe hy om 16:30 versuim het om terug te keer, het Park Rangers bekommerd geraak en die saak dadelik by die Augrabies SAPD aangemeld. Sy persoonlike besittings en voertuig was steeds in die park.
’n Omvattende soektog is onmiddellik na sy verdwyning van stapel gestuur.


Lede van Augrabies SAPD, SAPS Lugvleuel, Upington Soek-en-reddingseenheid, Upington K9-eenheid en ‘n hommeltuigvlieënier is aktief betrokke by die deurlopende soekpogings.
Enigiemand wat dalk inligting het wat kan help om die vermiste persoon op te spoor, word versoek om kaptein Robert Turner by 082 770 4208 of sers Tshepo Marungwana by 084 298 5101 of die SAPD se misdaadstopnommer 08600 10111 te kontak.