Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KAKAMAS: Ondanks verskeie optogte, aanmanings, petisies en skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit om basiese dienste aan Kakamas, Keimoes en Kenhardt te lewer, blyk dié munisipaliteit steeds onwillig te wees om die gemeenskap se probleme oor dienslewering op te los. 
AfriForum het gister ’n finale skrywe aan Obakeng Isaacs, die munisipale bestuurder, gestuur oor die toestand van dié drie dorpe. 
Die burgerregte-organisasie dring in sy skrywe aan dat die munisipaliteit dadelik met werkbare oplossings vorendag kom om die gebrekkige diens-lewering die hoof te bied. 
Indien die munisipaliteit versuim om dit te doen, gaan AfriForum regstappe teen die munisipaliteit doen om hom tot verantwoording te dwing.
“AfriForum oorweeg ook die moontlikheid om stappe te doen om die munisipaliteit onder administrasie te laat plaas, aangesien die volgehoue versuim om verpligtinge na te kom, inbreek maak op inwoners se basiese menseregte. Dit is tyd dat die munisipaliteit sy kant bring, of die gevolge van sy wanbestuur ly. 
Indien daar nie teen die munisipaliteit opgetree word nie, gaan hierdie dorpe heeltemal ten gronde gaan,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.


Die afgelope vier jaar is gekenmerk deur menigte diens-leweringsprobleme op hierdie dorpe.
 Teerpaaie, vullisverwyde-ringsdienste, waterwerke en rioolwerke is in ’n haglike toestand en hoewel plaaslike AfriForum-takke al menigmaal aangebied het om hand by te sit, trek die munisipaliteit bloot net sy skouers op. 
AfriForum doen maandeliks watertoetse op Kakamas en Keimoes en dié water bly steeds ongeskik vir menslike gebruik. 
Die burgerregte-organisasie het verlede jaar bevind dat hoë vlakke van E. Coli  en fekale koliforme in die water teenwoordig is. 
In ’n poging om die munisipaliteit se waterwerke aan die gang te hou het ’n plaaslike boer selfs al uit sy eie sak chloor gekoop daarvoor. 
Die AfriForum-takke en gemeenskaps-lede het ook al diesel gekoop vir die kragopwekkers by hierdie waterwerke. 
AfriForum het reeds klagtes oor die gebrekkige water en sanitasiedienste by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.
“Benewens die geld wat gemeenskapslede reeds aan die munisipaliteite betaal vir dienste wat nie gelewer word nie moet hulle ook nou geld uithaal sodat hulle nie heeltemal sonder water sit nie of kniediep in riool hoef te leef nie. Dis ’n skreiende skande dat mense hulle swaar verdiende geld moet spandeer om voorsiening te maak vir dienste wat die munisipaliteit vir begroot het, maar nie in staat is om te verrig nie,” sê Strauss.