Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-POSTMASBURG: Die watertoevoer na Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit is vandeesweek tot ‘n “aanvaarbare vlak” herstel, nadat beperkings ingestel is - weens miljoene rande wat aan die waterraad verskuldig is.
Die  Tsantsabane Munisipaliteit en Vaal Sentrale Waterraad is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) aangemeld, vir hul “kollektiewe versuim” om toegang tot ‘n volhoubare watervoorraad te verseker.
James Boucher, ‘n raadslid van Tsantsabane, het gesê ‘n aantal gebiede, insluitend Boichoko, Airifields en Mountain View in Postmasburg, is vanaf 1 Augustus “hoog en droog” gelaat - as gevolg van die “massiewe uitstaande skuld van meer as R118 miljoen”.
“Swak finansiële bestuur deur die munisipa-liteit moet dringend aangespreek word aangesien mense se basiese reg op water geskend word,” het Boucher gesê.
“Ek het ’n dringende ingryping versoek om ’n ooreenkoms of skuldverligtings-program tussen die munisipaliteit en die waterraad te fasiliteer om te verseker dat die munisipaliteit sy finansiële verpligtinge in die toekoms nakom.”


Hy het aangedui dat die watertoevoer op 5 Augustus tot sowat 70 persent kapasiteit herstel is.
“Die munisipaliteit het ’n dispuut aanhangig gemaak aangesien die watermeterlesings glo foutief was.”
Die woordvoerder van die Ministerie van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (Coghsta), Babalwa Mzambo, het gesê die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het ‘n vergadering met die Vaal Sentrale Waterraad, Tsantsabane Munisipaliteit, Noord-Kaapse premier gereël. 
Dr Zamani Saul en verteenwoordigers van Coghsta het hierdie week om die waterkrisis en uitstaande skuldbetalings aan te spreek.
“’n Spertyd van sewe dae is vasgestel vir die waterraad, Coghsta en die kantoor van die premier om ‘n dinkskrum te maak oor oplossings en betalingsreëlings met die waterraad te bedink,” het Mzambo gesê.
Sy het bygevoeg dat daar ooreengekom is dat waterbeperkings onmiddellik opgehef moet word, maar sommige gebiede ervaar steeds lae waterdruk. Mzambo het gesê dat LUR Bentley Vass, Coghsta-amptenare, die Tsantsabane munisipale burgemeester en die bestuurder ook met verteenwoordigers van die departement van water en sanitasie vergader het om die wateruitdagings te bespreek.
“Die watertoevoer na die plaaslike munisipali-teit is ontwrig weens die Vaal Sentrale Waterraad wat die watertoevoer beperk het, wat gemeenskappe met ’n laedruk watertoevoer gelaat het.”
Sy het bygevoeg dat ‘n taakspan saamgestel is om uitstaande waterrekeningkwessies met die Vaal Sentrale Waterraad aan te spreek.
“Die span het ‘n voorstel aan die direksie voorgelê wat ‘n betalingsplan uiteensit. Ten spyte van die oortuiging dat dit te veel gehef word weens die afwesigheid van watermeterlesings, het die munisipaliteit daarin geslaag om R5 miljoen aan die waterraad te betaal. Hierdie beta-ling, tesame met die voorlopige betalings-_plan, sal die ophef-fing van die beperkings van 30 persent tot ‘n aanvaarbare vloei van water meebring.”
Mzambo het gesê die munisipaliteit het ook planne uiteengesit om vakante senior poste te vul.