Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Nadat hy verlede naweek ‘n sosialemedia-plasing oor die verval van die Sakkie se Arkie terrein gemaak het - het Igshaan Sulliman, ‘n amptenaar van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, nie net kennis ontvang dat hy geskors kan word of nie langer die munisipale kantore mag betree nie - maar hy het dit op homself geneem om dienslewerings te korte van die munisipaliteit nou onder die vergrootglas te bring.


‘n Skrywe vanaf die munisipale bestuurder, mnr Elias Ntboba - waarin Sulliman kennis gekry het dat hy binne 48 uur redes moet verskaf waarom hulle hom nie moet skors nie - sê glo dat Sulliman - deur die sosialemedia-plasing te maak - nie in die beste belang van die munisipaliteit opgetree het nie en dat hy die geloofwaardigheid en integriteit van die instansie in betwyfeling gebring het.
Sedert hierdie insident - lyk dit of Sulliman nog meer aangevuur is om die versuim van diensle-wering en die wanbestuur van die Dawid Kruiper Munisipaliteit aan die groot klok te lui.
“As hulle my wil ‘fire’ moet hulle maar - ek tree nou in belang van my gemeenskap en my familie op” het Sulliman Donderdag in ‘n te-lefoongesprek met die Gemsbok gesê.
Sulliman se lot as werknemer van die Dawid Kruiper Munisipaliteit is tans nog in die weegskaal - maar sy sy optrede en “dapperheid” geniet die respek en ondersteuning van talle plaaslike inwoners en internetgebruikers.
Hoewel DKM Sulliman wil skors oor sy uitlatings met betrekking tot die toestand van Sakkie se Arkie se terrein - het die munisipaliteit kort na die insident glo ingespring en tog begin met opruiming...
Die Gemsbok het Dawid Kruiper Munisipaliteit genader vir reaksie op die verwikkelinge - “Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het aan mnr Sulliman ‘n brief gegee waarin dit bekend maak dat die Munisipaliteit van voorneme is om vir mnr I Sulliman te skors. Die skorsing is hangende ‘n ondersoek wat gedoen moet word. En sal ons dus nie verdere kommentaar in die verband lewer nie.”skryf Patrick Williams - woordvoerder vir die munisipaliteit.