Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Twee verdagtes sal na verwagting binnekort in die hof verskyn nadat hulle in besit van dagga ter waarde van meer as R5 miljoen in die Noord-Kaap gevind is.
Die polisiewoordvoerder, sers Omphile Masegela, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 44 jaar oud, is Donderdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.
Die twee is deur lede van die Upington-grenspolisie in hegtenis geneem en word van handel in dagga aangekla.
“Die twee is sowat 20 km buite Upington onderskep na aanleiding van inligting wat ontvang is oor ‘n voertuig wat glo dagga na Upington vervoer het.


Hulle is gevind met dagga ter waarde van R5 066 250 en ‘n onbekende bedrag kon-tant. Daar is ook beslag gelê op die voertuig wat in die misdaad gebruik is,” het Masegela gesê.
Die polisie het gesê sy Veiliger Feesseisoen-bedrywighede kry momentum  en dit sal pogings versterk om die handel in dwelms gedurende hierdie tydperk en daarna aan te spreek.
Intussen het die Springbok SAPD ‘n beduidende duik in die bedreigde plante en daggahandel gemaak.
Op 22 November 2023 om ongeveer 19:00 het die polisie inligting opgevolg en op ‘n vragmotorbestuurder en sy bemanning toegeslaan en beslag gelê op bedreigde plante en dagga ter waarde van sowat R700 000-00.
Reservis AO Happie van Wyk en kst Collin Jabulani het die vragmotor op die N7-pad buite Springbok gestop en deursoek.
Die polisie het op bedreigde plante ter waarde van sowat R450 000-00 en dagga ter waarde van sowat R250 000-00 van die afleweringsvrag-motor beslag gelê.
Die twee manlike verdagtes van onderskeidelik 43 en 46 jaar oud is aangekla vir die onwettige besit van bedreigde plante en dagga en sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.