Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse departement van paaie en openbare werke het sy finansiële hoof (HFB), Bradley Slingers, op voorsorgmaatreël skorsing geplaas hangende ’n ondersoek.
Dit volg op die beslaglegging deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) van meer as R600 000 kontant,  uit die finansiële hoof se voertuig,  tydens ‘n padblokkade verlede week. 
Slingers het gedurende kantoorure ‘n voertuig bestuur waarin die geld was

.
LUR vir Openbare Werke, me. Fufe Makatong, het gesê dat die bewerings baie ernstig opgeneem word, aangesien sulke optrede die florerende departement onregverdig in ‘n negatiewe lig kan plaas.
Die skorsing is voorsorg van aard, hangende beide ‘n interne hersiening en eksterne ondersoek na moontlike oortredings van finansiële protokolle en etiese kodes vir senior bestuurders.
Die Departement beklemtoon sy verbintenis tot deursigtigheid en verantwoordbare bestuur. Dit sal verdere opdaterings verskaf sodra die ondersoek afgehandel is.