Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die samewerkingspogings deur lede van Upington Grenspolisie in samewerking met Departement van Gesondheid en Paballelo SAPD het daartoe gelei dat voedselitems op Maandag, 13 November 2023 tydens ‘n inspeksie by ‘n groothandel in Upington weggedoen is.
Die fokus was op vervalste en verouderde voedselprodukte wat gesondheidsgevare vir verbruikers kan inhou.


  Die departement van gesondheidsbeamptes het met die hulp van die polisie verskeie voedselitems gaan ondersoek om die vervaldatums te verifieer en voedselprodukte met ‘n geraamde waarde van R 1 000 000 is van die rakke verwyder en is dienooreenkomstig vernietig.
’n Streng waarskuwing word aan verspreiders en winkeleienaars gerig om voedselveiligheid te alle tye in ag te neem en te handhaaf.
Verbruikers word ook daaraan herinner om versigtig te wees en die vervaldatums te lees voordat hulle voedselitems koop.