Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Otsile Shadrack Gaegoroge (49) het die afgelope week, op aantygings van korrupsie en poging om die einde van geregtigheid te minag, ‘n kort verskyning voor die Kuruman-landdroshof gemaak .
Hy is op Maandag, 24 Junie 2024 gearresteer as ‘n bykomende verdagte in die voortslepende bedrog- en korrupsiesaak,  waar daar beweer word dat die voormalige kaptein Nogaga verbonde aan DPCI Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek in die jaar 2021 ‘n informant se beloning eis van R100 000 ingedien en aanbeveel het. 
 Die polisie se eiskomitee het ’n betaling van R80 000-00 tot voordeel van die genoemde polisie-informant goedgekeur.

 
Daar word verder beweer dat die beskuldigde versuim het om die volle bedrag van R80 000 aan die informant te oorhandig, maar eerder aan die informant ‘n bedrag van R5000 betaal het en nog R5000 betaal het aan ‘n polisiesersant, wat by Kuruman-polisiestasie gestasioneer is.
Die res van die geld ten bedrae van R70 000 het hy glo vir homself gehou. 
Die polisiesersant Selo (42) is ‘n medepligtige en is saam met die hoofbeskuldigde aangekla.
Gaegoroge was aanvanklik ‘n artikel 204-getuie, die Vervolgingspan het hom aangekla van korrupsie en regsverydeling of poging daartoe nadat hy veranderinge op sy aanvanklike verklaring opgemerk het.
‘n Ondersoek deur die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan het aan die lig gebring dat die informant se beloningseis bedrieglik was. 
Die sogenaamde “informant”, ‘n 37-jarige beskuldigde, wat na bewering deur die sersant gewerf is, is ook aangekla vir regsverydeling wat met die hoofaanklag verband hou.
Gaegoroge, wat die vierde beskuldigde oor hierdie aangeleentheid is, is op borgtog van R1 000 vrygelaat en die saak word tot 15 en 16 Augustus 2024 uitgestel vir ‘n beslissing.