POSTMASBURG: Speurders van die Postmasburg Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid (GVS) het vinnig gereageer op ‘n bekommerde gemeenskapslid, wat ‘n moeder aangemeld het wat onlangs in die Marantheng-nedersetting in Postmasburg, fisies gesien is terwyl sy haar twee maande oue babaseuntjie mishandel het.
‘n Videogreep wat die mishandeling uitbeeld, het op 31 Mei 2025 op sosiale mediaplatforms versprei, wat gelei het tot die polisie se vinnige reaksie op hierdie ernstige voorval.
Daar word beweer dat ‘n bekommerde buurman gesien het hoe die 36-jarige moeder die baba aanrand.
Die bure kon die baba van sy moeder se aanranding red en hom aan die owerhede oorhandig.
Hy ontvang tans mediese behandeling in ‘n plaaslike hospitaal.
Die 36-jarige moeder is in hegtenis geneem en aangekla van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, kindermishandeling en nalatigheid en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.