Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Voormalige hoof van die Departement van Paaie, Vervoer en Openbare Werke, mnr. Motlalepule Elia Selemela, me. Ruth Palm en voormalige direkteure van Babereki Consulting, me. Lorencia Crause, mnr. Louis Adriaab Van Niekerk, mnr. Edward Charles Petzer en mnr. Moyahi Winston Modisa, het  kortliks voor die Kimberley-landdroshof verskyn vir oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, bedrog, korrupsie en geldwassery.
Die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie het ‘n lasbrief van J50 vir inhegtenisnemings in onderskeidelik Kimberley en Kaapstad uitgevoer.

Daar word beweer dat die voormalige hoof van die Departement van Paaie, Vervoer en Openbare Werke, mnr. Motlalepule Elia Selemela, gedurende Augustus 2005 ‘n kontrak vir die bou van ‘n nuwe psigiatriese hospitaal aan Vista Park/Joh Arch Investment toegeken het en dat die projek in September 2005 in werking getree het.
Verder het die voormalige waarnemende hoof van dieselfde departement, me. Ruth Palm, na bewering ‘n kontrak van R36 miljoen goedgekeur sonder om behoorlike verkrygings-prosedures te volg.
Die oorspronklike begroting vir die projek was R297 miljoen, maar as gevolg van vertragings weens swak vakmanskap, die sloping van sekere strukture vir remediërende doeleindes en die verandering van kontrakteurs, het die begroting tot heelwat meer as ‘n miljard rand gestyg na voltooiing van die projek.
Die voormalige direkteure van Babereki Consulting is aangekla van bedrog, geldwassery en korrupsie, aangesien hulle R51 miljoen van die Departement ontvang het terwyl hulle ten volle bewus was dat hulle geen kontrak met die departement gehad het nie.
Al die beskuldigdes is op borgtog van tussen R2000 en R10 000 vrygelaat en hulle word verwag om Maandag 2 Junie 2025 weer in die hof te verskyn waar hulle by hul medebeskuldigdes in die hoofsaak sal aansluit.