GEMSBOK-UPINGTON: Nadat die Noord-Kaap die enigste provinsie was wat toenames in moord- en kontakmisdade aangeteken het, heers die hoop dat die Noord-Kaapse Polisiekommissaris, luitenant genl Koliswa Otola, die SAPD se planne om geweldsmisdaad te verminder, by die provinsiale misdaadstatistiek-inligtingsessie volgende week voor sal lê.
Volgens die Vierde Kwartaallikse verslag vir 2024/25 het kontakmisdaad ‘n toename van 72 gevalle getoon, met moord wat ‘n toename van 21 gevalle weerspieël, in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar.
Kakamas-polisiestasie het ook by Galeshewe, Kimberley en Rosedale-polisiestasies op die top-30-lys vir poging-tot-moord klagtes aangesluit.
Dit is blykbaar die eerste keer dat die provinsie vier stasies op hierdie lys aangeteken het.
Aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed toe te dien het met 82 gevalle toegeneem.
Die Noord-Kaap het verder sy posisie met die derde hoogste verkragtingsverhouding in die land behou, wat die toename in verkragting en seksuele aanranding weerspieël.
Kommersiële misdaad bly ook styg met 69 bykomende gevalle wat aangemeld is.
Die toenemend onveilige, gewelddadige en korrupte aard van die Noord-Kaap dui op ‘n groeiende gevoel van wetteloosheid, waar die SAPD se teenwoordigheid eenvoudig nie kragtig genoeg is, om die verspreide gemeenskappe van hierdie uitgestrekte provinsie te verdedig en misdaad af te skrik nie.
Dit word deur die tekort van R50 miljoen om polisiëringsvoertuigtoekennings aan stasies aan te spreek, soos vroeër vanjaar deur rolspelrs uitgelig is, vererger.
Nie net word daar van Otola verwag om haar planne, om die groeiende misdaadvlakke in die Noord-Kaap aan te spreek nie, belanghebbendes wil ook weet hoeveel van die 5 500 polisie-opleiers na die provinsie ontplooi sal word.
Dit is verder van kritieke belang dat die onlangs aangekondigde Nasionale Polisiebeleid in die Noord-Kaap geïmplementeer word om verbeterde en gespesialiseerde veiligheid en wetstoepassing deur die SAPD te verseker.