Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-LOUISVALE: Die tragiese verdrinking van ‘n jong seuntjie van Louisvaledorp by Upington, het die afgelope naweek hierdie gemeenskap in rou gedompel.
Die polisie in Upington het  ‘n geregtelike doodsondersoek rondom die omstandighede van die dood van die 7-jarige, Benedict Markus, geloods.
Benedict het na bewering  verdrink in een van die oksidasiedamme naby Louisvaledorp op Vrydag, 24 Mei 2024.
Daar word beweer dat die seun met sy vriende gespeel het en later is sy ouers ingelig dat hy verdrink het. 
Sy pa het glo probeer om hom te red, maar dit was ongelukkig te laat.


Volgens ingeligtes het hierdie selfde oksidasiedamme ‘n tienjarige seuntjie  op Saterdag, 25 Februarie 2023 se lewe geëis.
Daar is berig dat die seun saam met sy vriende gaan swem het en na bewering verdrink het. 
Die seun is deur die paramedici op die toneel dood verklaar.
Die Gemsbok het op 16 Januarie 2023 ‘n foto, waar kinders in hierdie oksidasiedam swem, aan die Dawid Kruiper Munisipaliteit gestuur, met die versoek dat ‘n dringende waarskuwing oor die gevare daar omtrent, uitgereik word. 
Geen waarskuwing is uitgereik of reaksie getoon nie.
Na afloop van die 10-jarige seun se verdrinking het die gemeenskap gehoop dat die oksidasiedamme nou omhein sal word, maar dit het ook nooit gebeur nie.
 Vrae word nou deur verskeie rolspelers gevra:
Waarom is hierdie damme so maklik toeganklik vir ons gemeenskappe se kinders? 
Moet dit nie omhein word nie? 
Dit help veel dat Dawid Kruiper Munisipaliteit al die regulasies en protokolle met betrekking tot die oksidasie proses nakom, maar die damme self is nie toegespan nie. 
Daar is nie ‘n groot verskil tussen grondwater konteminasie en kinders wat direk in die oksidasie-water swem nie. 
Kon hierdie tragedies  verhoed gewees het?