Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Daar skyn ‘n toename in onwettige vuurwapens in die provinsie te wees.
Skaars ‘n week gaan verby waarin die polisie nie op een of meer onwettige vuurwapens en/of ammunisie beslag lê nie.
In die nuutste twee voorvalle het die vinnige optrede van die SAPD  gelei tot die herwinning van onwettige vuurwapens, ammunisie en gevaarlike wapens.
Tydens die uitvoering van Operasie Shanela op 25 Mei 2024 het die lede van die Kakamas Sigbare Polisiëring Taakspan inligting ontvang oor die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.


Die inligting is geoperasionaliseer en die polisie het op die geïdentifiseerde perseel in Kakamas toegeslaan.  
Daar is op ‘n 9 mm-pistool, .22-geweer, korrelgewere en ammunisie, sowel as ‘n pyl en boog,  beslag gelê.
‘n 51-Jarige man is in hegtenis geneem op ‘n aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Tydens die uitvoering van dieselfde operasie op dieselfde dag het lede van Marydale Sigbare Polisiëringseenheid ‘n 34-jarige man in hegtenis geneem, wat in besit was van ‘n ongelisensieerde vuurwapen.
Op 25 Mei 2024 omstreeks 20:00 het die polisie ‘n beweerde ryloper opgemerk wat by die N10-kruising naby Marydale afgelaai word. 
Die verdagte het deur die veld begin hardloop toe hy die polisie gewaar en ‘n sak laat val.
Die polisie het hom agternagesit en die verdagte in hegtenis geneem en ‘n vuurwapen en ‘n leë magasyn wat in wit lap toegedraai was binne die sak gevind. 
Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en behoort binnekort in die hof te verskyn.