GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Ondersoek-operasie deur die Upington-grenspolisie het gelei tot die beslaglegging van ‘n voorraad onwettige sigarette ter waarde van byna R2 miljoen wat in ‘n Rosedale-eiendom versteek is.
Die Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, sersant Omphile Masegela, het gesê die beslaglegging is gemaak, nadat lede van die Snelwegpatrollie (wat nie aan diens was nie), hul kollegas ingelig het oor verdagte aktiwiteite en onwettige sigarette wat op die perseel gestoor word.
In samewerking met doeanebeamptes van die SA Inkomstediens het wetstoepassing ‘n ondersoek-operasie van stapel gestuur om die onwettige transaksies te bevestig.
Na die suksesvolle koop-en-beslaglegging-operasie het beamptes onwettige sigarette met ‘n geraamde waarde van R1 873 716 gekonfiskeer.
Die smokkelware is aan doeanebeamptes oorhandig vir verdere hantering en ondersoek.
Owerhede het ‘n ondersoek na die besit van onwettige goedere geopen, met ondersoeke wat voortduur om diegene agter die onwettige operasie te identifiseer.
Die ZF Mgcawu-distrikskommissaris, generaal-majoor Monica Sebili, het die vinnige reaksie en gekoördineerde pogings van die span geprys en die operasie as ‘n sterk voorbeeld van effektiewe polisiëring in aksie uitgelig.
Die polisie sê die beslaglegging is deel van voortgesette po-gings om smokkelary en onwettige sigaretverkope in die distrik en provinsie vas te vat.
Dose onwettige sigarette ter waarde van byna R2 miljoen is tydens ‘n geheime klopjag in Rosedale, Upington, gekonfiskeer.