Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-POSTMASBURG: Op Sondag, 30 Maart 2025,  moes die Postmasburg SAPS dringend ingryp om die lewe van ‘n 32-jarige moordverdagte van woedende Postdene-gemeenskapslede te red. Die verdagte, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n 38-jarige vrou in Postmasburg dood gesteek het, was die fokus van ‘n soekgeselskap onder leiding van gemeenskapslede. 
Dit het gevolg op ’n gewelddadige mesaanval, wat die gemeenskap van Postdene in skok en gevoelens van weerwraak gelaat het. 
Sondagnoggend, omstreeks 03:00, is ‘n 38-jarige vrou noodlottig - glo deur haar skoonsuster se gewese lewensmaat - gesteek.
Die vermeende moordenaar  het glo ‘n geskiedenis van gewelddadige gedrag, veral teen sy eks-meisie, wat by die Postdene-shanties woon. 


Volgens haar het sy sedert 2023 verskeie interdikte teen die verdagte bekom weens sy gewelddadige neigings.
Daar word beweer dat die verdagte in ‘n onderonsie met sy eks-meisie betrokke was. Toe die slagoffer en haar lewensmaat probeer ingryp en die bakleiery stop, het die verdagte sy aandag op die slagoffer gevestig, haar noodlottig gesteek en van die toneel gevlug.
Na ‘n wenk het die gemeenskap die verdagte opgespoor wat in ‘n kroeg weggekruip het.
Met hul aankoms het die polisie  ‘n plofbare situasie in die gesig gestaar, aangesien die gemeenskap geregtigheid vir die slagoffer geëis het. 
Die skare se woede het oorgekook, met sommige wat die verdagte se bloed gevra het.
Polisiebeamptes het vinnig ingegryp en die verdagte uit die kloue van die woedende skare gered. 
Die beamptes moes letterlik saam met die verdagte ontsnap om ‘n gewelddadige konfrontasie te voorkom.