GEMSBOK-KEIMOES: Die Keimoes-streekhof het die 30-jarige Sardiuney Witbooi tot vier jaar gevangenisstraf gevonnis, vir die seksuele aanranding van ‘n 26-jarige vrou.
Op Sondag, 20 Augustus 2023, het die beskuldigde die slagoffer se huis deur ‘n venster binnegegaan en voortgegaan om haar seksueel in haar slaapkamer aan te rand.
Sy het van die aanranding bewus geword en vir haar pa en kêrel, wat ook in die huis geslaap het, geskree.
Die polisie is in kennis gestel, en die beskuldigde is daarna in hegtenis geneem.
Speur-ao Eddie Mokgalagadi van die Kakamas-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het die ondersoek gelei en die skuldigbevinding van die seksoortreder verseker.
Die beskuldigde is gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf vir seksuele aanranding, geheel en al opgeskort vir vyf jaar.
Verder het die hof hom onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Kontakmisdade bly ‘n prioriteit vir die SAPD, en pogings sal verskerp word om die pleging van hierdie gruwelike misdade hok te slaan.
Die polisie doen ‘n beroep op slagoffers om die stilte te verbreek en misdade by die SAPD aan te meld via die MySAPS-toepassing of die Crime Stop-blitslyn by 08600 10111.