Daar word by die Noord-Kaapse SAPD gepleit om die gevolge van die R50 miljoen-tekort te ‘versag’ - om polisiëringsvoertuigtoewysings aan stasies aan te spreek, ná die voortslepende hoë voorkoms van geweldsmisdaad in die provinsie.
Volgens die onlangse misdaadstatistieke soos verlede week vrygestel, het die aantal Noord-Kaapse stasies wat op die land se top 30-lyste waar klagtes vir poging tot moord, seksuele aanranding en ander ernstige misdade die meeste verskyn - van twee tot meer as vyf in die afgelope drie kwartale toegeneem.
Die provinsie is onder vier provinsies wat ‘n algehele toename in gewone aanranding en aanranding GBH weerspieël, wat toegeneem het met 126 sake in net drie maande.
Die provinsie het ook sy posisie behou as die derde hoogste verhouding van verkragting tot bevolking in die land - sedert November 2023, en het vier verkragtingsake by opvoedkundige instellings aangeteken.
Die polisie is nie toegerus om betyds op misdaad te reageer nie. Selfs die voormalige minister van polisie, Bheki Cele, het toegegee dat die provinsie verlede jaar die stadigste was om op misdaad te reageer, met die gemiddelde reaksietyd wat op 60 minute en 10 sekondes bereken is.
Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Koliswa Otola, het onlangs in ‘n skriftelike antwoord bevestig dat, benewens dat die SAPD ‘n verdere R50 miljoen benodig om in alle voertuigbehoeftes by polisiestasies te voorsien, die provinsie ook ‘n tekort van 157 voertuie het. Dit het veral ‘n impak op meer landelike en verafgeleë stasies.
Daar heers ‘n groot kommer dat die portefeuljekomitee oor veiligheid, vervoer en openbare werke voete sleep om te reageer op versoeke dat dringende toesighoudings by misdaadgeweegde stasies uitgevoer moet word en om te antwoord oor swak reaksietye op ernstige misdade.
Die portefeuljekomitee sal hierdie inspeksies moet prioritiseer.