Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON:  Upington se waterkrisis het die afgelope week oorgegaan in dreigende waterbeperkings, ten spyte van aansienlike koste wat oor die afgelope jaar aangegaan is om die infrastruktuur vir water te verbeter. 
Inwoners van Klippunt en Kalksloot was in Februarie 2023 baie opgewonde toe ‘n nuwe pyplyn water aan hierdie gemeenskappe begin lewer het. Tans voorsien dit egter geen water nie en huishoudings word deur watertenkwaens bedien. 


Louisvale Dorp is naby ‘n watervoorsieningsaanleg geleë en die pyplyn is op die oog af voldoende, maar water word slegs vir twee ure in die oggend en twee ure in die aand voorsien. 
Hierdie gemeenskappe se gesprekke met die munisipale direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, sowel as klagte by die menseregtekommissie, het tot dusver geen verbetering gebring nie. 
Louisvaleweg, Olyfenhoutsdrif en Vaalkoppies, sowel as dele van Upington soos Die Rand en Keidebees, sukkel gedurig met lae druk en het soms vir ure lank geen water nie.
Dawid Kruiper Munisipaliteit het vroeër die jaar beloof dat “alle fokus na grootmaatwateropgraderings verskuif - om watersekerheid te verseker - aangesien die hele SA tans ‘n toename in watertoevoeronderbrekings en -tekorte ervaar.”
Volgens ‘n persverklaring wat deur DKM uitgereik is, “ is daar talle deurlopende projekte. Vir die 2022-2023 finansiële jaar is Kalksloot /Klippuntvoorsiening, Swartkopdam & Lese-ding Water Treatment Works opgegradeer na die waarde van R5.5M,”.
Inwoners  in die Dawid Kruiper-plaaslike munisipaliteit vra tereg waarvoor die toerus-ting gebruik word as watervoorsiening steeds onbetroubaar is. 
“Hoe is dit moontlik dat waterbeperkings vir ‘n dorp op die wal van die Oranjerivier ingestel kan word - veral na hierdie sogenaamde opgrade-rings?” Een van die verskonings wat aangehoor moet word is kragonderbrekings.
“Waarom is daar nie lankal voorsorg maatreëls in plek hiervoor nie? Dit is mos nie asof beurtkrag en warm somers skielik verlede week hier op Upington begin het nie?” wil Werner Strauss, provinsiale koördineerder vir Afriforum Noord-Kaap, weet.
Dawid Kruiper se sentrale wateraanleg is ná politieke druk van beurtkrag vrygestel. 
Sover die Gemsbok verstaan kry Louisvaleweg, Olyfenhoutsdrif en Vaalkoppies, sowel as dele van Upington soos Die Rand en Keidebees, hul water direk van die sentrale aanleg.  
Hoewel hierdie vrystelling nie geld vir drukpompe wat elders in die verspreidingsnetwerk is nie -  verduidelik dit egter nie die probleme wat al voorgekom het vóór beurtkrag nog ‘n daaglikse verskynsel was nie. 
“Die waterprobleme is te wyte aan swak waterdruk en pype wat nie ‘n voldoende hoeveelheid water kan voorsien nie.   Die wet bepaal dat die plaaslike munisipaliteit verantwoordelik is om drinkwater binne sy munisipale gebied te voorsien,” so sê Werner Strauss. Hy sê verder dat die wet op munisipale strukture die voorsie-ning en instandhouding  van water en sanitasie dienste  opgedra is aan die  plaaslike munisipaliteit (Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit).  “Dawid Kruiper Munisipaliteit is  verplig om drinkwatervoorsieningstelsels te voorsien, wat die verskaffing van waterdienste insluit, aan die verbruikers in sy munisipale gebied.”
Werner en sy span het  in Junie 2020 ‘n skrywe aan die munisipale bestuurder, mnr Elias Ntoba, gerig.
Na jare se korrespondensie, klagtes en dreigemente het DKM die afgelope  jaar opgraderings aan die watervoorsieningsfasiliteite aangebring - maar dit  lyk nie of dit genoeg is nie.  
‘n Dringende mosie vir alternatiewe watervoorsiening aan die Kalksloot gemeenskap is tydens die laaste raadsvergadering in November deur raadslid September ingedien.
Volgens ingeligtes het die raad besluit dat  ‘n plan vir ekstra tenks vir alle areas gemaak moes word.
‘n Oplossing vir die probleem moes binne sewe dae op die speaker se tafel wees - nadat die munisipale bestuurder na die finansies moes kyk en met ‘n plan vir genoeglike watervoorsiening vir alle probleem areas moes vorendag kom.
Dit was op 28 November 2023.
Nog geen terugvoer oor die vordering met hierdie plan is ontvang nie.
Intussen is die hele DKM nou verbied om water vir tuine ens te gebruik.