Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ‘n Raadslid by ZF Mgcawu Distriksmunisipaliteit en algemene assistent - in diens van Dr Harry Surtie Hospitaal in Upington - is op voorsorg skorsing geplaas, omdat hy daarvan beskuldig word dat hy twee vyfliter bottels Staysoft en ‘n vyfliter bottel Sunlight skottelgoedwasmiddel uit die hospitaal se Tuberkulose-eenheid gesteel het.
Luidens die aanklagte het, Deeyone De Koker, na bewering die departement van gesondheid in oneer gebring en probeer om die departement te bedrieg deur die skoonmaakmiddels -  wat aan die staat behoort het - sonder die toestemming van sy toesighouer op 23 Junie te verwyder.


Die waarnemende hoof van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, dr Alastair Kantani, het gewaarsku dat die aanklagte van wangedrag ernstig is en dat die werknemer aan dissiplinêre stappe onderwerp sal word.
Die werknemer is op 19 September op voorsorg skorsing geplaas, hangende ’n ondersoek, en is opdrag gegee om nie sonder toestemming die perseel van die departement te betree nie.
Die algemene assi-stent is ook opdrag gegee om alle staatseiendom, insluitend ‘n departementele selfoon, skootrekenaar, SIM-kaart en kantoorsleutels, in te handig.
‘n Veiligheidswag wat tydens die nagskof aan diens was ten tyde van die beweerde voorval, het in ‘n verklaring aangedui dat hy gesien het hoe die werknemer die skoonmaakmiddels na sy voertuig dra, waarna hy die agtersitplek deursoek en die wasversagmiddel en skottelgoedwasmiddel gevind het. .
De Koker, het glo aan die media gesê hy kon nie die saaknommer bevestig wat glo op 23 Junie deur ‘n veiligheidswag teen hom oopgemaak is nie.
Hy is volgens wat Gemsbok kon vasstel, nie in hegtenis geneem nie en het nog nooit in die hof verskyn nie.  Hy is op 10 November  toegang tot sy werkplek geweier. Hy het glo op 5 Desember ‘n  brief per e-pos ntvang, waarin hy ingelig is dat ek geskors is, hangende die uitslag van ‘n ondersoek. Die klagstaat en kennisgewing van sy dissiplinêre verhoor het hy op 6 Desember ontvang.
Hy het geglo dat hy geteiken word omdat hy glo bedrog en korrupsie “kragtig aanspreek” sonder vrees of guns op sosiale media.
Lulu Mxekezo, woordvoerder van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, het bevestig dat die werknemer op voorsorg geskors is.
“Dit is ‘n arbeidsprosedure om alle staatseiendom te oorhandig wanneer amptenare geskors is. Die aanklagte is baie ernstige wangedrag van beweerde diefstal wat dissiplinêre stappe regverdig. Die dissiplinêre prosesse is aan die gang om die bewerings te hanteer,” het Mxekezo gesê.