Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Nadat ‘n inwoner van Upington homself onlangs na die Gembsok gewend het, toe hy op - wat vir hom soos veraste menslike oorskot en doodskis deksels gelyk het - op die De Duine vullisterrein ontdek het, het die Gemsbok ondersoek ingestel en ‘n hele blik met wurms oopgemaak.
Daar blyk geen toegangsbeheer of kontrole te wees oor wie watter tipe vullis op die Upingtonse vullisterrein stort nie.
Daar is geen teken op die hek (daar is geen hek nie) wat aandui watter tipes vullis daar gestort mag word nie.  
Daar is ook geen toegangsbeheer by die ingang na die stortingsterrein nie. Volgens die oudit beskik DKM ook nie oor ‘n afvalsbestuurplan vir die terrein nie.
Vullis word nie gereeld genoeg in die grond gewerk om te verhoed dat vullis die wêreld vol waai nie en daar is verskeie oop vure op die terrein. Dit is ook teen vullisterrein regulasies.


Afvalherwinning moet verbied word deur alle herwinners (delwers) weens die gesondheid en veiligheids risikos op ‘n stortingsterrein. Geen delwers mag op die terrein opgemerk word nie. (Met die besoek van die Gemsbok aan die terrein het ons meer as 50 delwers op die terrein gevind. Daar is selfs informele wonings op die vullishoop.)
Geen seukriteitswagte wat die terrein patrolleer was in sig nie.
Daar is geen kontrole oor die storting van verbode afval soos mediese afval (selfs dier karkaste) en buitebande nie.
Monitering en rekordhouding deur DKM van die vullisterrein laat veel te wense.
In die laaste paar jaar het DKM slegs 1,5 uit 25 vir die jaarlikse Afriforum Vullisterrein Oudit gekry.
Nie net word daar gereeld oorskot van diere en ander ‘mediese afval’ gestort nie, maar daar word beweer dat die Dawid Kruiper Munisipaliteit reeds in 2022 sy lisensie om hierdie as stortingsgebied te gebruik, verloor het.
Volgens ingeligtes moes DKM al twee jaar gelede ‘n ander gebied vir vullisstor-ting identifiseer en die De Duine terrein begin rehabiliteer het.
Navrae hieroor is na DKM gestuur.
Patrick Williams, kommunikasie hoof van die Dawid Kruiper Munisipaliteit, het via whatsapp die Gemsbok verseker dat die munisipaliteit se lisensie “is nie terug getrek nie.” en dat die “wetstoe-passingsafdeling doen gereelde patrollies om onwettige plakkery te verhoed.”
Tog was daar in ‘n 100m radius, by die ingang van die vullisterrein, ten minste vyf informele huise op die vullishoop. (sien fotos).
Die vraag oor die bewering dat die vullisterrein jare gelede reeds gerehabiliteer moes word en ‘n ander vullisterrein begin moes word, is nie deur die munisipaliteit beantwoord nie.
Ter perse het DKM ook nie ‘n afskrif, soos aangevra, van die stortingsterrein se lisensie, aan die Gemsbok kon wys nie.
Verdere navrae oor of die munisipaliteit ooit geoudit word, of ten minste hulself oudit, op die werkinge van die vullisterrein, is ook onbeantwoord gelaat.
Nadat die kontroversiële ‘veraste menslike oorskot en doodskis deksels’   - op die De Duine vullisterrein ontdek het, het die Gemsbok met die omgewingsgesondheidsafdeling op Upington kontak gemaak.
Aanvanklik was die inspekteurs betrokke onseker hoe die situasie hanteer moes word en wat die wet daaroor bepaal.
Intussen het die plaaslike omgewingsgesondheid inspekteurs van die omgewingsgesondheidsdienste op Upington en die LUR vir Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming  se luggehaltebestuur-, besoedeling- en afvalbestuureenheid na die terrein gestuur. 
Die span het inspeksies by die De Duine-stortingsterrein gedoen en hulle het ontdek dat kisdeksels en as - wat verbrande bene bevat - daar gestort is.  
Daar is opgetree en ‘n groot openbare bohaai gemaak oor die departement se streng afkeur van die sorting van die as en deksels.
(Sien berig elders in Gemsbok)
MAAR - Dit lyk of die inspekteurs totaal blind was vir die talle mense wat op hierdie terrein woon en ‘onwettig’ daar delf.
Die  rommel bestrooide veld en toegangspad na die stortingsterrein, asook die gebrek aan veiligheidsheining rondom die terrein, die ‘vermisde’ waarskuwingsborde, sekuriteit, die onbeheerde verbranding van vullis (wat eintlik ingegrawe moet word) en ander oortredings - sommer by die ingang na die terrein, het ongesiens verby gegaan.
Navraag oor of die inspekteurs ‘n ondersoek na die terreinstandaarde, die gesondheidsrisikos van inwoners op die stortingsterrein ens gaan loods, is ter perse nie deur die departement beantwoord nie.